Waarnemende SAL-hoof het nie graad

Argieffoto

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) voer aan dat daar weens ʼn redigeerfout verkeerdelik aangedui is dat Nico Bezuidenhout, waarnemende hoof van SAL, ʼn graad het, berig die Sunday Times.

SAL het die week erken dat sy 2011 en 2012 jaarverslae verkeerd was aangesien daarin beweer is dat Bezuidenhout ʼn BCom-graad in vervoerekonomie en bedryfsielkunde sowel as ʼn MBA het. SAL, wat glo namens Bezuidenhout gepraat het, het Vrydag ʼn CV aan die koerant verskaf waarin daar beweer word dat Bezuidenhout in 1995 by die destydse Randse Afrikaanse Universiteit (nou die Universiteit van Johannesburg) ingeskryf het vir ʼn BCom, ʼn jaar nadat hy matriek voltooi het.

Volgens Bezuidenhout se akademiese rekord het hy in 1996 opgeskop. Hy het in 1997 by Unisa ingeskryf vir ʼn BCom in vervoerekonomie en bedryfsielkunde. Volgens Bezuidenhout se CV is een van die vakke al vir 14 jaar uitstaande. Bezuidenhout het glo hierna vir ʼn MBA geregistreer by Milpark Education maar nooit die vereiste proefskrif ingehandig nie.

SAL het Bezuidenhout, uitvoerende hoof van Mango, verlede jaar gevra om die lugredery se bedrywighede oor te neem nadat Vuyisile Kona, die toe waarnemende uitvoerende hoof, as voorsorgmaatreël geskors is.

SAL het destyds gesê dat Bezuidenhout geen geheim daarvan gemaak het dat hy nie sy graad in vervoerekonomie en bedryfsielkunde voltooi het nie en dat hy besluit het om te begin werk. Volgens SAL was daar ʼn redigeringsfout in sy 2011 en 2012 jaarverslae en is dit om die rede dat daar verkeerdelik aangedui is dat Bezuidenhout sy graad voltooi het.

Bezuidenhout is vroeër die maand weer as waarnemende hoof van SAL aangestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Boesman ·

n Graad is nie alles nie. Daar is mense sonder grade wat n beter werk kan doen as die met grade.

Eben ·

Stem Boesman en NOOIT het die man aagedui hy het n graad …. nog minder het hy Dr voor sy naam geskrywe. Neem ins eie prez … hy het niks maar hy lei die lank :-)

Gideon Erasmus ·

Dit klink vir my nou na ‘n lieg storie- my ouma het altyd gesê sl trek die leuen hoe snel die waarheid inderhaal hom wel! So foutjie in die lug kan nogal baie lewens kos!

Joppie Nieman ·

‘n Redigeringsfout dalk vir een jaar, maar vir twee jaar in ‘n ry? Nee wat, wie dink hulle sal sulke nonsens glo. Die “redigeringsfout” sou nog steeds voortgeduur het as die leun nie uitgevang was nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.