Waarnemende SOE-hoof aangestel

spesiale-ondersokeenheid-soePres. Jacob Zuma het adv. Gerhard Visagie aangestel as waarnemende hoof van die spesiale ondersoekeenheid (SOE).

“Adv. Visagie is die uitvoerende bestuurder van regsdienste by die SOE en is al sedert 1997 in diens van die instelling,” het Mac Maharaj, woordvoerder van die presidensie, gesê.

Visagie se aanstelling volg nadat Vas Soni as hoof van die SOE bedank het. Soni het om persoonlike redes bedank weens die swak gesondheid van sy vrou, Anitha.

Soni is in September 2013 deur Zuma aangestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.