Berning Ntlemeza, waarnemende hoof van die Valke, is oneerlik en het ʼn gebrek aan integriteit en eer, het ’n regter van die hooggeregshof Maandag gesê.
“Die derde respondent [Ntlemeza] het besluit om die Opod-verslag en dossier wat in sy besit is van die hof te weerhou,” het regter Elias Matojane in die hooggeregshof in Pretoria gesê. Volgens Matojane sou die verslag die hof in staat gestel het om ʼn behoorlike beoordeling van die saak teen die applikant te maak. Die applikant is Shadrack Sibiya, geskorste hoof van die Valke in Gauteng.
Ntlemeza het aansoek gedoen om te appelleer teen die hof se vorige beslissing dat Sibiya se skorsing ongrondwetlik was en teruggetrek moet word. Ntlemeza se aansoek is van die hand gewys.
“Ek is van mening dat die optrede van die derde respondent [Ntlemeza] wys dat hy eensydig en oneerlik is. Die derde respondent het onder eed valse verklarings afgelê en dit wys hy is eensydig en het ʼn gebrek aan integriteit en eer,” het Matojane in sy uitspraak gesê. Matojane het in Februarie gelas dat Sibiya se skorsing ongeldig was en Ntlemeza het drie dae hierna appèl aangeteken.
Ntlemeza het Sibiya geskors hangende ’n ondersoek na sy beweerde betrokkenheid by die onwettige uitlewering van Zimbabwiërs in 2010. Sibiya het aangevoer dat die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) bevind het dat hy nie betrokke was by die uitlewerings nie.
Ek se weer, maak nie saak watse uniform hy dra nie of hoeveel kasteeltjies en sterretjies op sy skouers, of watter posisie ookal hy beklee nie, hulle kan net nie inskakel by die beskawing nie, hul ware self kom een of ander tyd tevoorskyn! Is ek reg of is ek dood reg?
Ons mag nie haarstyl aan onbevoegdheid koppel nie, dit is nie polities korrek nie. Dit gebeur egter soveel male dat ‘n mens maar net jou eie gevolgtrekkings kan maak.
Ja Pierre, ek wens ek kom meer taale verstaan, want wat in hierdie land gebeur verstaan ek nie, en tog is die meeste hier so gelukkig en slim dat hul sommer die howe aanvat.