Waarnemende voorsitter vir Eskom

Prof. Malegapuru William Makgoba (Foto: Twitter)

Prof. Malegapuru William Makgoba is pas aangestel as die tussentydse voorsitter van Eskom ná die onlangse bedanking van Jabu Mabuza.

Mabuza het Vrydag onverwags sy bedanking ingedien nadat hy gesê het hy kon nie daarin slaag om sy verbintenis tot pres. Cyril Ramaphosa en Suid-Afrikaners na te kom nie, naamlik dat die land nié tussen 11 Desember en 13 Januarie beurtkrag sou ondervind nie.

Die departement van openbare werke het Woensdag in ʼn verklaring gesê sy nuwe aanstelling, Makgoba, is ʼn toonaangewende wetenskaplike en akademikus wat hom in 2018 by die direksie van Eskom aangesluit het as nie-uitvoerende direkteur.

Luidens die verklaring stem Makgoba se aanstelling as tussentydse voorsitter ooreen met die regering se verbintenis tot goeie bestuur en die stabiliteit van Eskom.

“Die regering gaan tans deur die proses om ʼn hersaamgestelde raad in ooreenstemming met pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging Vrydag aan te stel,” sê die kragvoorsiener.

Dít volg nadat Ramaphosa Vrydag die regering se plan aangekondig het om ʼn hersaamgestelde Eskom-direksie aan te stel wat lede met ondervinding in elektrisiteit, ingenieurswese en korporatiewe bestuur insluit.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Karlahari ·

Ons vetrou die man en sy span gaan die krag hê om Eksdom aan die gang te hou….

Skaap ·

Hoekom kry hulle nie mense wat eintlik die hande werk kan dien nie.
Al wat hulle doen is praat praat……maar niks gebeur ?
Hulle is almal so slim….maar dien eintlik niks

John ·

Vertel ons meer oor die vermaarde akademikus. Ons sou graag wou hoop op ‘n kopaangewende wetenskaplike eerder as ‘n toonaangewende… want van laasgenoemde groep is daar oorgenoeg by Eskom.

Elizabeth ·

Het die man praktykervaring? Wat weet hy van elektrisiteitsopwekking? Hoekom ‘n akademikus (teoretikus) aanstel in ‘n posisie waar praktiese ervaring en optrede broodnodig is? Hoekom word so min oor hom en sy CV gesê???

Marius ·

Weet nie wat gaan ons doen die mense wat die werk kon doen sal nooit teruggaan na die gemors en hulle weet dit.

Genieve ·

En so word hulle stuk vir stuk aangestel maar eintlik kan niemand die werk doen nie teleurstellend SA.

Maljan ·

Nog leë sakke wat gevul moet word.
Al wat gaan werk is as ALMAL betaal. Een kW , een prys! Of jy 10 koop in Zebediela of 10 000 in Zeerust.

skurweberg ·

Die kort en lank van die saak is dat Solidariteit reeds voorheen met die mense gepraat het, selfs name van gekwalifiseerde tegnisie bymekaar gemaak, wat bereid was om te gaan help, maar niks het gebeur nie. Dit is duidelik dat hulle ons nie daar soek nie.

katorin ·

Ja nee, is net nog n eye blind…..almal kom ry maar die soustrein verder

Feite ·

Hy verdien die geleentheid net soos sy voorgangers. Hopelik sal William die mooi woorde, beloftes en verwagtinge in aksie kan omskep. Die probleem van Eskom is dat William se voorgangers toegelaat het dat die ANC politici vir Eskom omskep in n sosialistiese maatskaplike organisasie. Aksie om die maatskaplike faktor aan te spreek en uit Eskom te verwyder kan slegs geskied met die politieke wil en samewerking van vakbonde en wanbetalende gemeenskappe. Sosialisties ideologies en ANC strategies kan ek egter nie sien dat die maatskaplike tendens in Eskom gaan stop nie, maar dat dit eerder deur die ANC politici uitgebrei sal word. Die ANC het deur die sosialistiese staatskaping van Eskom en ander SOE’s, Suid Afrikaners gyselaar geneem en daar is nie n manier wat die ANC sy sosialistiese greep gaan verslap nie, inteendeel dalk net tydelik om beleggers te mislei, voordat die greep verder sal verstewig!

alwyn burger ·

Is dit die prof. wat gelieg het oor sy kwalifikasies?

Anoniem ·

Ek kan dit nie verstaan nie, maar dié man is ‘n top MEDIESE dokter… Wat de hel weet hy van Eskom af behalwe om van die werkers te dokter as die krag hulle klits!!

Adam ·

Die man is nie net ‘n mediese dokter nie, maar is ook ‘n doktor en het sy DPhil aan die universiteit van Oxford behaal. Ek glo ons kan aanvaar dat Oxford met sy lang roemryke geskiedenis nie doktorate uitdeel nie.

JohanR ·

Waar kry hulle al die ouens…..een vir een kom hulle, en een vir een loop hulle, met groot geld handskud. Kry almal in Suid Afrika ‘n kans om by die vark troeg te vreet wat Eskom is?

Jan ·

Ja, nog n kader wat se pensioen aangevul word. Hy dien op elke kommissie wat die ANC aanstel.

Anoniem ·

Nee wat. Hy sal nie die pyp rook nie. Die ANC, Cyril en Motsepe het ander planne. Onthou die herstrukturering van ESKOM.

Hennie ·

Dis soos om n dooie perd asn te hou ry. As die man enigsens slim was, sou hy geweier het want sy kwalifikasie skiet vêr tekort! Maar hey, die dooie perd het dalk nog n flou hardklop sodat nog n idioot hom kan probeer melk, want ry sal die perd nooit weer nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.