Waarsku jou huishulp oor dié roofslenter

Argieffoto: Kent Williamson

Die polisie wat verantwoordelik is vir die Brooklyn-, Garsfontein-, Lyttelton-, Moot-, Silverton-, Sunnyside- en Villieria-gebiede, het hul kommer uitgespreek oor die aantal rooftogte wat plaasvind terwyl daar huishulpe aan diens is.

Kapt. Colette Weilbach, woordvoerder van die polisie, het gesê die jongste voorval het Vrydag omstreeks 09:30 in John Scott-straat in Constantiapark plaasgevind.

“Die 42-jarige werker was besig met haar pligte toe sy ʼn toeter by die hek van die eiendom gehoor het. Een van die insittendes van die wit Volkswagen Caddy het voorgegee dat hy oor die foon met haar werkgewer gesels. Hy het vir haar gesê haar werkgewer het gesê dit is in orde, sy kan die hek vir hulle oopmaak aangesien hulle afmetings in die huis moet doen.”

Volgens Weilbach het die huishulp hulle ingelaat waarna hulle versoek het dat sy die honde agter in die erf toesluit. “Hulle het daarna die huis binnegegaan en die oomblik toe hulle binnekom, het hulle haar gedreig en vasgebind.”

Die vrou het later iemand in die huis hoor loop en om hulp geskree. “’n ADT-veiligheidswag het op haar afgekom en haar losgemaak. Drie televisiestelle, skootrekenaars en ander items is uit die huis gesteel,” het Weilbach gesê.

Volgens Weilbach is ʼn 43-jarige huishulp vroeër vandeesmaand met dieselfde slenter gevang toe die rowers hulle as elektrisiëns voorgedoen het.

Die toeter word glo gebruik om vas te stel of enigiemand by die huis is. “Nog sulke gevalle is in Julie vanjaar aangemeld in die Tshwane Sentraal-polisiëringsgebied.”

Die polisie ondersoek sake van huisroof. Niemand is nog in verband met die voorvalle in hegtenis geneem nie.

Die polisie het huiseienaars gemaan om hul huiswerkers in kennis te stel van dié neiging en waar moontlik slegs afsprake te skeduleer wat hulle self kan bywoon.

“Huiswerkers en tuiniers moet vooraf in kennis gestel word van enige aflewerings of kontrakwerk. Huiswerkers moet self hul werkgewers bel voordat hulle toegang tot die perseel verleen – en wel agter geslote deure en met ʼn paniekknoppie naby. As enigiets verdag lyk, kan hulle onmiddellik 10111 skakel vir bystand.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Anoniem ·

Wakker wees ! Ons sal maar net vir hulle ook ‘teen roof’ tegnieke moet leer Geslepe meer as geslepe !

Erica ·

Is daar nog regtig mense wie se huishulp so naief is? Jammer maar ek sluk hard hieraan. Hoe aanvaar jy net ‘n vreemde persoon se opdragte so ter goeder trou. Ons Suid-Afrikaners behoort nou al by die tyd almal te weet jy kan niemand meer vertrou nie.

Hanna Hoekom ·

Geen volksvreemdes op my erf toegelaat nie! Dis die heel veiligste. Huis en tuin moet maar met tye treurig lyk. Ons probeer maar self werk. Net te gevaarlik. Vertrou niemand meer nie.

Rudi rasend??? ·

Ek glooo baie huishulpe … werk ook saam….!!!!! Teen die tyd behoort ons eintlik baie baie wakker wees…

Cherokee ·

Dit is so naïef om maar net te aanvaar.
Huiseienaars moet nie slegs hul werkers daarteen waarsku maar hulle ook vra om registrasienommers neer te skryf of selfoonfotos te neem.

susan ·

Twak man twak hoekom doen sy soveel moeite sy het die werkgewer se nommer om te bevestig of hulle die waarheid praat?

Moeg gehuil ·

Het geen simpatie meer vir mense met huis- en tuinwerkers. Moeg bekommer en getreur oor mense wat die onheil in hul huise nooi. Ek spaar maar my meevoeligheid en trane vir mense wat dit werd is om oor te treur.

Geen Hulp ·

Geen huis-of tuinhulp vir my nie – ek vertrou niemand nie.

Amelia ·

Meeste van jou huisrowe wat plaasvind, is as gevolg van jou huishulp wat inligting deurgee. Het gelees van die man wat nie sy kluis se sleutels kon kry nie, toe se die huishulp hy moet net kyk in die laai..

Anel ·

Hulle is baie keer deel van die hele plan, mens moet versigtig wees.

Lou ·

Uuuhhhmmm……ek dink die huishulpe is in op die “deal”…..my beskeie mening….

Sonerhuishulp ·

Waarom gebruik mense nog huishulpe, dit is te gevaarlik

Pieter ·

Die 2 de keer dat dit met haar gebeur op verskillende plekke . Dit is baie agterdogtig .

PJ ·

2 weke terug het hulle ons interkom aanmekaar gedruk. My huishulp is gelukkig te skerp vir hulle en het nie oopgemaak nie maar die panic gedruk. Hulle het in hulle kar gespring en weggejaag. Sy het paar dae later gesien hoe dieselfde inbrekers by ons bure inbreek en ook die panic gedruk en so die inbraak verhoed. Sy is goud werd vir my…

susan ·

PJ jy is reg behandel haar goed hulle het geld nodig om te leef.

anton ·

Nou so lekker gelag vir grap van die jaar……….10111 moet geskakel word vir bystand……..regtig???
Dink beter kans dat Chrismas vader tot jou redding sal kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.