Waarskuwing aan grondeienaars uitgereik

Argieffoto

Die sakeregtewaghond AfriSake het Vrydag ʼn dringende waarskuwing aan grondeienaars uitgereik teen nuwe grondbesettingstrategieë wat eienaars moontlik onkant mag tref.

Die organisasie het vandeesweek verskeie grondeienaars in Kameelfontein in die noorde van Pretoria bygestaan om ’n dringende uitsettingsbevel teen onwettige grondbesetters te bekom. AfriSake het dié finale hofbevel Vrydag bekom, wat verseker dat dié grondbesetters van verskeie eiendomme wat hulle onwettig gedurende die week beset het, verwyder kan word.

Honderde hoopvolle grondgrypers het die week opgedaag en begin om stukke grond, wat aan die privaat besighede behoort, af te baken waar hulle strukture wou oprig. Individue wat maak of hulle stukke grond wat aan hierdie besighede behoort aan niksvermoedende mense verkoop, is ook geïdentifiseer.

Die nuutste tendens is dat ’n klein groep individue ’n stuk grond identifiseer en daarna massas mense organiseer om dié grond te beset. Die groep, wat die grond kastig regmatig vir tussen R500 en R5 000 aan die onwettige besetters “verkoop”, verdwyn weldra met die geld.

Besetters wat die grond “koop”, verloor al hul geld en boumateriaal wanneer hulle van die eiendom verwyder word. Die grootste verloorders in dié tipe besettings is uiteindelik die grondeienaar en die besetters wat in só ’n lokval trap. Dit kan ’n eienaar tot R250 000 uit die sak jaag om grondbesetters te laat verwyder, met weinig kans om dié onkostes van die staat of Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) te verhaal.

Armand Greyling, regs- en beleidsanalis van AfriSake, sê grondeienaars moet waaksaam wees oor wat op hul eiendom aangaan en vinnig optree om te keer dat besetting plaasvind.

“’n Saak van betreding moet so gou as moontlik by die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) gemaak word. Sou die polisie versuim om op te tree, moet die howe genader word vir ’n dringende bevel om die betreders te laat verwyder vóórdat besetting plaasvind,” sê Greyling.

Tydens die hofverrigtinge het die polisie se regsverteenwoordiger die opmerking gemaak dat die saak “nie veel met die SAPD te doen het nie”. Die hof het die SAPD egter vinnig berispe en ingelig dat die verrigtinge alles met hulle te doen het, omdat hulle na regte moet ingryp en keer dat sulke skendings van mense se grondwetlike eiendomsregte in die eerste plek plaasvind. Dit is in elk geval die SAPD se plig om die oppergesag van die reg te bevorder en uit te voer.

Charles Castle, bestuurder by AfriSake se arbeidsregadvieseenheid, sê AfriSake sal aanhou om te verseker dat Suid-Afrika nie ’n verwoeste staat soos Zimbabwe word nie.

“In Zimbabwe is die voorbeeld en gevolge van onwettige grondgrype duidelik. Ons sal voortgaan om vir die regte van gewone Suid-Afrikaners op te staan en grondeienaars by te staan waar moontlik om hul eiendomsregte soos vervat in die Grondwet te beskerm,” sê Castle

Eiendomseienaars moet verseker dat hulle die volgende voorsorgmaatreëls in plek het om proaktief teen die besetting van eiendom op te tree:

  1. Maak seker dat jy jou eiendom behoorlik beveilig deur heinings en mure aan te bring.
  2. Wees te alle tye waaksaam en maak seker dat geen ongemagtigde persone jou eiendom betree nie. Indien wel, nader jou naaste polisiestasie en lê ’n strafregtelike klag van betreding in terme van die Wet op Betreding, 1959 (wetno. 6 van 1959). Die SAPD het in Maart vanjaar riglyne aan alle stasies uitgereik wat aan SAPD-lede presies verduidelik hoe om in sulke gevalle op te tree. Dié riglyne kan op AfriSake se webwerf bekom word.
  3. Grondeienaars het die reg om onmiddellik teenoor onwettige betreders op te tree, mits dié optrede binne die wet geskied. Eienaars mag ook privaat sekuriteit versoek om die eiendom te patrolleer en/of te beveilig sodra betreding plaasvind.
  4. Sluit by organisasies soos AfriSake aan wat lede daadwerklik in die beskerming van hul eiendomsreg bystaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Chaparel ·

Die mense doen egter alles om grond te beset en die regmatige eienaar van die grond n enorme geldbedrag uit die sak te jaag.
Dankie Afri Sake vir julle inset en die feit dat julle alles doen om regmatige grondeienaars te help.

Koning Roos ·

Is dit nie n mors van geld nie? Mens kan moes sien wat aankom? Spandeer eerder die geld om te verhuis na n plek wat jou nie haat nie?

Toska ·

Koning Roos, dink asseblief helder! Watter land gaan bereid wees om ‘n paar miljoen verarmde wit vlugtelinge in te neem wat alles moes agterlaat in Afrika? Hulle onderhou en alle dienste aan hulle verskaf? Nie een nie. Dit is jý wat in die droomwêreld leef waarvan jy ander beskuldig.

#jyweetdit ·

@Koning Roos, teen Sept is ons uit die land uit. Ons los alles en almal agter, ‘n huis, voertuie en meubels.Dit sal net ons, ons honde en tassies wees. Vir my kinders se toekoms.

buck ·

hoekom r250 000 aan regskostes bestee! 20 liters petrol en n boksie vuurhoudjies sak die gehardste grondbesetter van plan laat verander. . .

anton ·

Wonder wie die polisie se regsverteenwoordiger is wat wraggies so arrogant, wou eerder n ander woord gebruik, is wat sê dat die nie veel met die SAP te doen het nie. Wat n GRAP.
Hoe het hy n regsverteenwoordiger geword??? want selfs n kind sal vir jou kan sê dat dit die polisie se plig om in te gryp!
Ons almal weet hulle beteken en doen eintelik nie veel nie maar regtig??? Nou wil hulle dit sommer in die hof ook beaam.
Dan soek hulle nog oud lede, vir wat? om seker net verder op die ”Gravy” trein saam te ry.
Nee hierdie land is so ver in sy moerby in, nie eers Google gaan hom binnekort meer kry nie!!!

CHRISTA ·

Dit is juis die rede hoekom ons land so wetteloos is!! Nie eers die Polisiemag weet wat hulle pligte is nie!!!

Francois ·

Dit kom voor dat polisie heropgelei moet word.Om teverseker dat hulle nie net staan en toekyk hoe die wet oortree word nie.

hannes marais ·

wees verseker…hier kom oorlog….die witman moet nou als in die stryd werp en baklei wat ons sin is

Thinus ·

Nee wat ou maat jy kan duidelik nie tel nie. Amper 40 % van die 4 miljoen wit mense wat oor is, is bejaard en omtrent 30% Is kinders so hoe beplan jy om die “Oorlog” te baklei? Se eerder ons sal ons self moet verdedig. Dit maak ten minste sin.

HB ·

Hannes Marais, ek stem saam met jou. En Thinus, moenie bekommer oor getalle nie. Die Here het nog altyd met minderheidsgroepe gewerk.

Michael ·

Ek sal my eiendom met my lewe beskerm
So die grond diewe moet maar doen wat hulle moet en net so sal ek.

Lance ·

Dit maak nie vir my sin dat mense bereid is om te moor of te sterf vir aardse goed nie. Die lewe self is belangriker. Die ander goed kan jy tog weer kry?

Cas ·

Ek stem met jou saam Lance, dit is net moeiliker om dieselfde gesinheid te he as jy baie besit. Mammon is verslawend wat sy prooi vernietig as hy hulle in sy mag het.

sandile ·

maklik vir jouom so te sê lance. jy het seker net jou selfoon.as n mwns hard gewerk het vir wat jy hwt, dan raak ‘wegloop’ nogal moeilik

Raad ·

Besteel hulle. Hulle moet só spyt wees dat hulle jou uitgekies het . . .

snoefie ·

aan gesien die sapd voel die saak het nie veel met hulle te doen nie, moet grondeienaars maar die voorbeeld volg wat die massas daar geskel het. hou genoeg brandstof en vuurhoudjies aan.

selfdoen ·

Die mense wat veronderstel is om almal te dien is moreel bankrot. SAPD lede woon en werk binne hul gemeenskappe waar hulle opgegroei het en is dus magteloos om teen hul eie mense op te tree. Die staatsdiens is geen diens nie, maar wil gedien word.(Magsmisbruik)Die staatsdiens is slegs n werkskeppingsprojek, daarom word die swakstes gekies om genoeg gaos te skep vir die krimenele om ongestoord hul gang te gaan met min kans om tot verantwoording geroep te word.
Die versuim om die amptenare behoorlik op te lei en ook nie van genoegsame middele te voorsien nie is niks anders as sabotasie nie.
Ook word die SAPD soos in die apartheidtyd misbruik om die politikuste se kastaiings uit die vuur te krap.
Ek onthou goed hoe die brawe jong leeus voor in die ry begin het tydens hulle optogte en hoe nader hulle aan die brandpunt kom al hoe verder in die massa verdwyn en dan die kinders en vroue offer wat hulle weet minder agresief teen opgetree sal word.
Jammer aan die amptenare wat onder erge druk wel probeer om hul werk te doen, hulle ervaar erge druk van die wat polities gekonnekteer is en net sommer onkundig is en die welmenende as n bedreiging sien.
Soos met alles moet die publiek huself in n possisie plaas om onsself te handhaaf. Daar is al soveel selfhelp inisiatiewe, maak n opname, vind die met wie jy kan identifiseer en bring hulle by mekaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.