Waarskuwing aan strandgangers

Argieffoto: https://pixabay.com

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het strandgangers gewaarsku om versigtig te wees, veral tydens die nuwemaan-springgety wat oor die naweek sal voortduur.

Volgens Craig Lambinon, woordvoerder van die NSRI, sal die springgety hoër as normale hoogwater en laer as normale laagwater, asook sterker sleurstrome veroorsaak.

“Swemmers, roeiers en hengelaars moet bewus wees van springgety en ekstra versigtig wees. Sleurstrome is een van die grootste oorsake van verdrinking langs die kuslyn,” het Lambinon gesê.

Hy het strandgangers versoek om slegs na strande te gaan waar daar ’n lewensredder aan diens is en in die afgebakende swemsones te swem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Steven ·

Sien gereeld ouers en kinders wat absoluut geen respek het vir die oseaan nie. 6jariges alleen in die see in, ouers wat met hul pette oor hul oë lê en niks oplet nie, tieners wat gesuip in die golwe gaan, klomp wat nie tussen die vlae swem nie. En dan moet ons jammer voel as iemand verdrink. Geen simpatie met daai slagoffers nie.

Cherokee ·

Ja Doempie, ek verdoem ook wat hy sê. Ek weet nie hoe gereeld die ‘gereeld’ is wat hy noem nie en dit sal nogal interessant wees om dit te weet.
Ek woon op ‘n strand met die waterkant sowat 350 treë voor my huis en sowat 200 treë voor my kantoor. Daarbenewens woon ek op ‘n skiereiland met die water aan 3 kante van my woning. Ek behoort dus te weet en sê dat dit onkundiges is wat daardie soort foute, nie uit roekeloosheid maar in onkunde, maak. Waarskuwings soos hierdie is dus belangrik.

Lou ·

Cherokee – Ek het ‘n week verlof – Kan ek kom kuier asseblief?

Cherokee ·

Lou, jy moes vroeër praat. Ek gaan nou met verlof en is op pad binneland toe.

Lou ·

Ok, maar jy hoef nie by die huis te wees nie. Stuur my jou adres en los die sleutel onder die blompot.

Cherokee ·

Onthou die bier is op die onderste rak in die yskas, Lou. Gee die plante water en plantvoeding asseblief.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.