Waarskuwing: Dié strate in Pretoria gesluit

Die Uniegebou (Foto: Wikipedia)

Meer as 25 strate in Pretoria se middestad sal Sondag (10 Desember) tot 13:00 gesluit weens sodat duisende kan deelneem aan ʼn byeenkoms wat oudpres. Nelson Mandela wil gedenk en vier.

Dié byeenkoms, wat die Nelson Mandela Remembrance Walk gedoop is, sal begin en eindig by die Uniegebou in Pretoria.

Omliggende gebiede tot 10 km vanaf die Uniegebou sal deur dié optog geraak word.

Metropolisiebeamptes is tans op die toneel om die optog en die bepaalde paaie te monitor.

Dié paaie word deur die optog geraak:

  • Governmentlaan
  • Blackwoodweg
  • Edmondstraat
  • Hamiltonstraat
  • Madibastraat
  • Zeederbergstraat
  • Stanza Bopapestraat
  • Steve Bikostraat
  • Nelson Mandelalaan
  • Pretoriusstraat
  • Francis Baardstraat
  • Kotzestraat
  • Visagiestraat
  • Sisulustraat
  • Lilian Ngoyistraat
  • Thabo Sehumestraat
  • Paul Krugerstraat
  • Bosmanstraat
  • Sophie De Bruinstraat
  • Jeff Masemolastraat
  • Kgosi Mampurustraat
  • Dequarstraat
  • Skietpoortstraat
  • Klawerstraat
  • Minnaarstraat
  • Nana Sitastraat
  • WF Nkomostraat

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

snoefie ·

die ob is besig (siestog) om ondersoek in te stel na mandela se duur begrafnis. elo busisiwe, is die optog en die onkoste daaraan verbonde nodig? vir wie se egorit? mandela sou eerste gewees het om te sê dis onnodig.

Lientjie ·

Ek stem 100% saam met jou dit was net ‘n groot remoer gewees Sondag ek bly daar naby en dit ontwrig net jou dag. Daar was inskrywingsgeld betrokke wat sou gegaan het aan die Mandela kinderfonds. Wonder maar net of die stigting diie geld gaan sien! Dis ‘n woongebied wat hulle se ontwrig. Daar is soveel ander plekke wat hulle kon gaan vertrap het en rommel strooi het!!!!!!!!

Anja Marx ·

Hierdie was nie ‘n optog nie, dit was ‘n georganiseerde wedloop gewees waar jy moes inskryf om deel te neem aan die 5 km of 10km loop/hardloop.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.