Waarskuwing: Hittegolf stuit huisrowers nie

Argieffoto

Argieffoto

Te midde van die uitmergelende hittegolf wat Pretoria en ander gebiede tans beleef, het die polisie Vrydag ʼn waarskuwing uitgereik vir inwoners om paraat te wees omdat opportunistiese rowers juis nou kan toeslaan.

“Die hitte veroorsaak dat inwoners nou deure en vensters oop los in ʼn poging om huise af te koel,” het Mirna von Benecke, polisiewoordvoerder, Vrydag aan Maroela Media gesê.

Sy het gesê daar word ʼn dringende beroep gedoen op inwoners en huishulpe wat deur die dag by die huis is om deure gesluit te hou en sodoende toegang te bemoeilik.

“Deure moenie onnodig oopstaan sonder ʼn veiligheidshek nie. Moet ook nie vensters oop los as jy die huis verlaat of gedurende die aand nie. Huisrowe landwyd is ʼn werklikheid en deure wat nie gesluit is nie en oop vensters is vir huisrowers ʼn uitnodiging op ʼn silwer skinkbord.”

Von Benecke waarsku mense om waaksaam en op die uitkyk te wees vir verdagte voertuie wat buite ʼn huis of in ʼn straat staan of rondry. “Meld verdagte voertuie of mense by die naaste polisiestasie of plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum aan,” het sy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

jacques ·

Van waar is die rowers dat hulle so hou vat hitte,seker daar waar ISIS vandaan kom ne?
Die koue te erg vir hulle om te werk.

Rina van Vuuren ·

Waarsku almal,deur jou huis se venter en deure toe te hou is die huis binne koeler. Oop venter en deure bring hitte na binne. Probeer gerus en wees veilig.

sarie van heerden ·

Dis juis op warm dae wat ons ons vensters endeur moet toehou om die warm vlaag van buite te stuit. Ek trek ook my hortjiesgordyne toe.

jacques ·

en sit en wag binne die huis vir hulle met groot haalgeweer

Jaco Daubert ·

Die nare waarheid daai. Los jou huis oop en word geroer deur skelms. Sluit jy als en gebruik verkoelings toestelle dan roer Eskom jou. Welkom in SA.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.