Waarskuwing: Koevoetbende in Harties doenig

Argieffoto

Argieffoto

Die Hartbeespoort-polisie het Woensdag ʼn waarskuwing uitgereik van ʼn sogenaamde koevoetbende wat in en om dié Noordwes-dorp bedrywig is.

Kol. Maria Mokobori, die stasie se bevelvoerder, het gesê verskeie sake van huisbrake is die afgelope tyd daar aangemeld. “In die meeste gevalle gebruik die bende koevoete om huise se vensters en deure oop te forseer, ” het Mokobori gesê.

Sy het gesê die bende het vandeesweek op ʼn gewilde lodge in die omgewing toegeslaan. “Die perseel se grensheining is oopgesny en daar is by ses wooneenhede op die perseel ingebreek. Daar was gaste wat in van dié huise oornag het, maar niemand het een van die verdagtes gesien nie. Die inbrake het in die middernagtelike ure gebeur en die verdagtes het waardevolle items soos selfone en horlosies van die gaste gebuit.”

Volgens Ramaloko werk die polisie saam met verskeie buurtwagte, veiligheidsmaatskappye, die gemeenskappolisiëringsforum en die sakeforum om die probleem hok te slaan.

“Ons doen ʼn beroep op die gemeenskap om alle voorvalle aan te meld en om bewyse van hul waardevolle items te hê. Dit sal help om die regmatige eienaars op te spoor sodra die goedere teruggevind word,” het Mokobori bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Rienette Maclagan ·

Daar was ook vrydag laat middag vroegaand by my seun se huis by Renosterspruit tussen Lanseria lughawe en Hartbeespoortdam ingebreuk. Ook deure oopgevorseer en slot oopgevorseer . Hy bly ook teen natuurreservaat.
Hyt nou so pas eerste keer huis opgesit en dan gebeur dit . Die arme kind is in n toestand.
Komputer en klompie goed gesteel wat hulle in lakens en kussingslope kon pak en ook is die heining mooi netjies groot gat in geknip.

KarooKlong ·

Waar is sigbare polisiering? Sien hulle nie die breker wat met die koevoet rondloop nie? Koevoet is mos groter as ‘n knipmes.

Peet Schabort ·

Sensors buite is die beste afskrikmiddel.
KarooKlong, ongelukkig is dit wintertyd en druk hulle die koevoet teen hulle liggame vas onder byv. ‘n jas.

KarooKlong ·

Naand Peet, lyk my hulle kom elke week met nuwe maniere en planne vorendag. Dit wil ook voorkom asof die inbrake met meer geweld aan die toeneem is. Hier in ons rustige ou dorpie breek een “robbies” laasweek sommer helder oordag die ou se diefwering met boute en al uit die mure uit asof die mure van klei gebou is. Het blykbaar yster tipe paal gebruik.

SNEL ·

Gaan rus sê die dokter, jy het dit nodig om van al jou spanning ontslae te raak….en dan breek hulle in by die lodge waar jy jou “batteries moes charge”. Ai, waar is mens veilig, is daar ooit nog n dorp waar daar nie geweld en misdaad is nie?

Piet ·

Ons was 3 jaar gelede by n lodge in Hazyview deur gewapende rowers oorval en beroof. Nie n lekker ervaring gewees nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.