Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het die publiek gemaan om veral versigtig te wees aan die Tuinroete se kus, tussen Nature’s Valley en Mosselbaai, en spesifiek die kusgebied by Plettenbergbaai.
Volgens die NSRI is die toename in haaie normaal vir dié tyd van die jaar aangesien hulle agter prooi soos vis en robbe aan is wat natuurlik hier voorkom.
Die NSRI het mense versoek om nie te swem of aan enige watersport deel te neem waar voëls, dolfyne en robbe vreet, waar visgevang word of waar walvisse gestrand is nie. Mense is ook versoek om nie te diep in die see, in riviermonde of saans te swem nie.
Enige persoon wat in ʼn noodgeval verkeer, kan 112 of 082 990 5975 vir noodgevalle spesifiek in Plettenbergbaai skakel.
Vir ‘n ernstige saak, iets so tong in die kies;
Die laaste sin van die berig laat my woner? Is daar nou loopfoontjies beskikbaar wat so waterdig is dat swemmers in die see dit kan gebruik as hulle in nood verkeer?
Ja ek het nogal self gewonder hoe mens te werk gan as j deur 2 haaie gecorner word om di noodlyn te bel