Waarskuwing oor brandstofpryse

(Grafiek: pixabay)

Die Automobiel-Assosiasie (AA) waarsku brandstofpryse kan teen die einde van die maand skerp styg as die huidige neiging voortduur.

“Dit was tot dusver ʼn goeie maand vir die rand, met die plaaslike geldeenheid wat sowat 15 sent teen die dollar versterk het, maar die basiese brandstofprys het sedert die begin van die maand die hoogte ingeskiet. Dit vergroot die moontlikheid van beduidende brandstofverhogings as daar nie voor die einde van die maand verligting is nie,” het die AA gesê.

Die vereniging grond sy vooruitskattings op ongeouditeerde data van die Sentrale Energiefonds.

Die AA waarsku dat diesel- en paraffienverbruikers die swaarste getref kan word.

“Die huidige data dui op ʼn verhoging van 52 sent per liter. ʼn Verhoging van tot 34 sent per liter vir die prys van petrol is moontlik op hande.”

Die AA sê die stygings kom ten spyte van te veel kapasiteit by raffinaderye wêreldwyd, ʼn effense toename in internasionale olietoevoer asook dalende aanvraag. Die vereniging sê hy neem ook kennis van die Internasionale Energieagentskap se opmerkings dat ʼn doeltreffende entstof teen Covid-19 ekonomiese herstel ná die pandemie kan versnel.

“Hoewel die agentskap nie ʼn beduidende uitwerking voor die tweede helfte van 2021 verwag nie, sal ons nie verras wees as optimisme oor die entstof die rede vir ʼn sterker olieprys is nie. Dit kan selfs verder versterk as die entstof-plan op groot skaal doeltreffend is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Stefan ·

Daar is ‘n spesifieke formule wat met markte se syfers werk soos koers van die Rand en internadionale olieprys.
Tensy hulle die formule steeds verander gee dit ‘n voorspelbare uitkoms.
Ons moet pasop dat ons nie as ‘n volk bekend gaan staan wat net eenvoudig oor als kla al het ons geen benul wat regtig aangaan nie.

Renier johannes ·

As dit nie covid is wat skuldig is nie is dit apartheid. Dood moet n oorsaak he.

AntiMarxistZA ·

Dit maak glad nie sin nie. Oorskot by raffinaderye, toename in toevoer, afname in vraag, maar die prys gaan op a.g.v. optimisme oor ‘n entstof. Net hierdie week het Bill Gates weer vertel hoe die wêreld vir minstens nog 9 maande in grendelstaat moet wees, ten spyte sy bydrae tot die entstof en sy obsessie om die wêreld in te ent. Verder kom optimisme oor die entstof, wat na mening van baie mediese praktisyns oorhaastig is, grootliks van die media en politikusse, wie hopenlik, net om die skeptiese publiek gerus te stel, hulle families, kinders en kleinkinders eerste in die lyn sal laat val om ingeënt te word.

Maar ja reg. Die petrolprys gaan op a.g.v. optimisme oor die entstof wat 95% effektief is teen die verspreiding van ‘n virus waarvan die kans op oorlewing 99.94% is (WHO gebaseerop die infeksiesterflikheidskoers, nie die gevallesterflikheidskoers wat die enigstesyfers is wat deur Suid-Afrikaanse politikusseen media aangehaal word nie).

Boon ·

Daar beantwoord jy nou in 2de paragraaf jou eie vraag oor vde positiewe verband van optimisme en styging in wisselkoers wat brandstof pryse op sy beurt laat styg.

Phillip ·

Mag ek vrae wat het die endstof met die brandstof preis temaak soos die persoon skryf hier bo dood moet n oorsaak he

Rentia ·

Selfde storie jaar na jaar…. as dit nie olieprys is nie, blammeer ons die swak Rand. Dis mos nooit die swak regering nie…. Na ‘n jaar soos hierdie, goeiste.

Mad Mike die Rhodesiër ·

Wag maar. Die dag gaan kom, soos in die gevalle Rhodesië, dat brandstof meer as R100 ‘n liter gaan kos…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.