Volgens Craig Lambinon, woordvoerder van die NSRI, word stormsterk winde, rowwe seetoestande en groot branders verwag. Hy het gesê dit sal gepaard gaan met die volmaan-springgety wat ook gevaarlike seetoestande tot gevolg sal hê.
Lambinon het gesê die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ook waarskuwings uitgereik oor rowwe seetoestande en storms wat met sterk winde gepaard sal gaan. Volgens Lambinon kom springgety twee keer elke maand voor en veroorsaak dit ʼn abnormale hoog- en laaggety sowel as sterker sleurstrome.
Die NSRI het mense gewaarsku om uiters versigtig te wees en eerder net die see te besoek indien dit noodsaaklik is. “Vissermane aan die kus moet veral versigtig wees vir getye en branders wat hulle onkant kan vang.”
Dankie vir die waarskuwing. Die see lyk steeds soos ‘n groot plaasdam; nie eens branders maar bloot golwe, duinings. Miskien stilte voor die storm, maar dit is nou 13:30 en die see is uiters kalm.
tot wanneer word dit voorspel en sluit dit Margate – scotsburg in ? dankie
Dankievir die waatskuwing. Die wind het in die vroeë oggendure, so 3 uur se kant opgekom. Al was ditbewolk buite kon jy omtrent sit en boeklees in die helder naglig. Dit is nou so 10 uur se kant in die oggend. Die wolkies het weggewaai. Golwe is hoog hier vanaf ons uitkykpunt in Hibberdene. Sterk rukwinde, werklik onplesierig en die luggie is koelerig. Lekker dag verder mense.