Waarskuwing oor stormagtige waters dié naweek

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het Saterdagoggend ʼn beroep op die publiek gedoen om op hul hoede te wees om die Kaapse kuslyn nadat die weerdiens ʼn waarskuwing oor stormagtige weerstoestande vir die naweek uitgereik het.

Die weerdiens voorspel stormagtige weerstoestande in die Wes-Kaap waaronder sterk wind, swaar reënval en rowwe seetoestande later vandag en Sondag.

Luidens ʼn verklaring deur die NSRI word rowwe seetoestande langs die kus deur die nuwemaan se springgety veroorsaak.

Dié gety sal na verwagting vandag sy piek bereik met die springgety wat tot hoër as normale hoogwater en laer as normale laagwater volgende week sal lei.

“Daar sal sterk strome om die kus heers. Ons doen ʼn beroep op die publiek om te alle tye by strande met lewensredders aan diens te swem en tussen dié lewensredders se rooi en geel vlae te bly.”

Die NSRI raai die publiek ten sterkste af om oorstromende riviere oor te steek of in riviere naby ʼn kusriviermond te swem.

“Ons doen ʼn beroep op ouers om seker te maak dat hul kinders verantwoordelike toesig deur volwassenes in of om die water het,” lui die verklaring.

Roeiers en diegene op bote behoort reddingsbaadjies te dra en hengelaars moet versigtig om die kuslyn wees, het die NSRI gewaarsku.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Swanna ·

Dit is hoekom dit die KAAP van storms benoem is nog van laaanks se tyd.

Strandloper ·

Bekyk maar eerder daai groot dam wati Engelse gebou het hier vani stoep af is banger vir hom as my vrou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.