Waarskuwing: Skokspeletjie lei glo tot tienerselfmoorde

Foto: Pixabay

Die polisie in Brittanje en in sommige Amerikaanse deelstate het ʼn dringende waarskuwing tot ouers gerig om te voorkom dat hul kinders “ʼn skokkende” selfoon of rekenaarspeletjie aflaai wat glo die oorsaak van honderde tiener-selfmoorde in Rusland is.

Blue Whale word tans deur polisieowerhede ondersoek nadat dit aan die lig gekom het dat sowat 130 selfmoorde aan dié speletjie gekoppel kan word.

Volgens die webwerf Daily Mail kry die speler van dié speletjie, wat ook ʼn Sea of Whales, A Silent House of Wake Me up at 4:20 genoem word, daagliks take waarvan selfbeskadiging, die kyk van rillerflieks en om op ongewone tye snags wakker te word ʼn paar is.

Die speler moet onder meer voorwerpe soos ʼn mes of ʼn skerp lem gebruik om hom- of haarself te kerf, na demoniese en bangmaakvideo’s kyk en hul “vrees vir vrees oorkom”. Die laaste taak waarmee die speletjie voltooi word, is selfmoord. Spelers moet van ʼn hoë gebou of brug afspring.

Britse owerhede het intussen gesê dié take kom van ʼn sogenaamde groep-administrateur wanneer die spelers by ʼn internetkletskamer aansluit.

In gevalle wat verband hou met Blue Whale, het twee jong meisies, onderskeidelik 15 en 16 jaar oud, verlede week selfmoord gepleeg deur van hoë geboue af te spring. Hulle het verskeie woorde en ook ʼn vorm van ʼn walvis met ʼn skerp voorwerp op hul arms ingekerf.

Twee weke vantevore het ʼn 14-jarige meisie van Rusland glo haarself onder ʼn bewegende trein ingegooi nadat sy al die opgelegde take voltooi het.

Volgens die Russiese koerant Novaya Gazeta is die 21-jarige Philip Budeikin einde verlede jaar in hegtenis geneem nadat ʼn deeglike ondersoek gewys het dat hy aan die hoof van dié speletjie is.

Hoewel die getal mense wat hul eie lewe geneem het ná Budeikin se in inhegtenisneming afgeneem het, het dit intussen weer drasties begin toeneem.

Volgens ʼn verslag van dié koerant is daar “meesterbreine” agter die speletjie wat sielkunde ken en weet hoe om mense in ʼn spesifieke rigting te stuur. “Hulle oortuig meisies hulle is vet, en sê vir seuns hulle is verloorders in dié wêreld. Op die ou end wil hulle dan selfmoord pleeg,” berig die koerant.

Hoewel die speletjie nog nie in Suid-Afrika is nie, het die sosiale media-analis Yavi Madurai aan EWN vertel dit is maar ʼn kwessie van tyd voordat dié speletjie ook sy kop in Suid-Afrika uitsteek.

“Sulke neigings kom altyd een of ander tyd in Suid-Afrika draai – selfs al is dit drie maande van nou af. Net een speler moet die speletjie aflaai sodat dit soos ʼn veldbrand kan versprei.”

Madurai het ouers gewaarsku om waaksaam te wees sodat hul kinders nié in dié strik trap nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Blouvis ·

Ha ha ha Goeie een Barend. Sal dit “ground yours” moet doop.

Henry ·

Is dit nie biekie onverskillig om die volle naam van die speletjie te publiseer nie?

Ann ·

Miskien, maar as mens dit nie doen nie, hoe sal die ouers weet waarvoor om uit te kyk?

Wilma ·

Ja, ook aangehelp deur” groepsdruk” Wat een mater aanvang moet die volgende en die volgende en die volgende een dit mos ook doen. Lyk my veral jongmense kan lankal nie meer vir hulle self net bietjie rasioneel dink nie!

Johann ·

As iets of iemand in vandag se tye die alleen, hartseer, gebrokenheid, stukkend etc. van ons kinders kan aanspreek anders as met leë beloftes en “aandag” en striopsiet leuns…het EEN kind dalk hoop om te leef en oorleef….

Susanna ·

Ek dink so ‘n speletjie is siek, en deur ‘n verwronge persoon ontwikkel. Tieners se brein is nog ver van ten volle ontwikkel af, en kan dus nie verantwoordelik gehou word as hy nie rasionele besluite neem nie. Hy/sy dus ook meer as ontvanklik vir ander se gek idees en groepsdruk. Boonop is hulle verseker nie opgewasse vir die druk van vandag se lewe nie, en baie ouers is totaal in die duister om hul kinders op ‘n sinvolle wyse te begelei. Baie ouers het self nog grootword nodig.
Hoeveel ouers weet in elk geval wat tieners alles op hul fone het? Erger nog, hoeveel ouers weet of verstaan ooit wat in hul kinders se koppe aangaan? Julle mag dalk dink jul weet, maar ek was self aan die ontvang kant van selfdood en ek weet verseker dat ek minder as 1% van my kind se kop verstaan het. Boonop het ek gedink ek is/was ‘n betrokke ouer wat baie tyd saam met my kind gespandeer het. Ons het immers oor alles en nog wat gesels.
Sien, mens weet nie wat jy nog nie geleer het nie, en mense wat rondom jou van selfdood ‘n grap probeer maak, is uiters onvolwasse en dit is hoogs onsmaaklik.

Sê net ·

Die speletjies se naam is “The Blue Whale Challenge”. Nie net die Blue Whale nie. Die speletjie is klaar van die Android Game store verwyder.

WereWoof ·

Kan iemand my vertel waar om dié speletjie op te spoor? Ek is sielkundig stabiel, maar wil graag self ervaar waaraan die jeug blootgestel word. Ek het baie kontak met tienners, en wil graag voorbereid wees.

A ·

Hier sal seker massa moord onder tieners wees, want veral blanke kinders sien geen toekoms nie. Hulle glo hulle is nie goed genoeg om meer werk te kry nie agv van al die wetgewing. Hoop hulle kry die speletjie uitgeroei voor kosbare lewens verlore gaan.

stupidity ·

jis ek was darm nie SO stupid to ek 15/16 was nie.

jys mos dan al mens…nee dis belaglik

Fires ·

Kan ‘n soortgelyke app nie geskep word vir anc parlementslede nie

James ·

SNEL, evolusie hoef nie in stryd met ‘n Skeppergod gesien te word nie. Hy is net te groot en onverstaanbaar dat ons sommer kan se dat Hy nie juis evolusie gebruik het vir sy skepping nie. Google bietjie Geseende Nis. Dis ‘n gratis eboek in Afrikaans wat al hierdie idees ondersoek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.