ʼn Sterk wind sal dele van Gauteng na verwagting Dinsdagaand van omstreeks middernag tot Woensdag in die vroeë oggendure tref.
Themba Gadebe, woordvoerder van die Stad Ekurhuleni, het Dinsdag gesê die Suid-Afrikaanse Weerdiens het gewaarsku die wind sal skielik opsteek en kan erge skade veroorsaak.
“Inwoners word aangeraai om so ver as moontlik binnenshuis te bly en weg van vensters wat in die rigting van die wind oopmaak. Persone wat reis word gemaan om versigtig te wees vir kruiswinde, veral tussen geboue en puin wat rondgewaai kan word,” het Gadebe bygevoeg. “Inwoners moet ook padgee voor bome wat omval en kragdrade.”
Hy het gesê klein bote moet ook nie op die oop water wees nie en eerder skuiling soek by ʼn hawe, in ʼn riviermond of beskermde baai. Geparkeerde vliegtuie moet in die rigting van die wind geparkeer word en vasgemaak word.
Gadebe het gesê beamptes van die munisipaliteit se rampbestuurdienste sal regdeur die nag op hoë gereedheid bly.
Hoop dit is ‘n wind van verandering :)
Seker maar net Zumpie se voorvadergeeste wat waarsku dat jy reg moet stem óf . . . Altans dis wat hy sou sê of dink. Ai, die bygelowe is en sal met ons bly.
So alle Gautengers moet eerder hulle bote so ver as moontlik in die motorhuis parkeerterrein!
Seker die bote op die vaalrivier en op damme.
Ek hoop hierdie woeste winde bring vir ons goeie reëns in die lente en somer.
Ek hoop die weer is so goor dat al wat sleg is nie stem nie omdat dit ongerieflik is.
Sjoe, ek gaan sukkel om my boot hier in Pta in die baai of hawe te kry… ; )
Ek hoop dis winde van verandwring SO moeg vir die anc se onvermoe om die land te regeer en die geplunter van staatskaste …asb stem vir verandering
Lol! Geen winde hier nie! Kry julle inligting reg!
Iemand was lekker deur die wind met die voorspelling
Die voorspelling was dalk reg, die datum net verkeerd. Dit moes Woensdagaand lees.
Geen wind gehad, voorspelling verkeerd
Aijaijai…..wag nog steeds vir die vreeslike wind????
Die wind het gisteraand begin sterk waai hier in Pretoria en vandag W oensdag 3rde Augustus het die wind ook kwaai gewaai.Dalk bring dit reen,ons sal moet sien. Hierdie is mos die wind maand soos hulle se.