Waarskuwing teen ‘demoniese zombie-dwelm’ uitgereik

Argieffoto: SAPD/Facebook

Groot kommer heers in KwaZulu-Natal oor die sogenaamde “flakka”-dwelm wat in dié provinsie versprei word.

Sam Pillay, direkteur van die Anti-Drug Forum (ADF) in KwaZulu-Natal, het Donderdag bevestig dat dié dwelm chaos in dele van die provinsie gesaai het, maar was nie onmiddellik beskikbaar vir verdere kommentaar nie.

Pillay het in ʼn onderhoud met RSG gesê dié dwelm, wat glo ook as ʼn “zombie”-dwelm bekend staan en sinteties vervaardig word, lei glo tot gedragsverandering, uitermatige paniekerigheid en hallusinasies. “Mense wat die dwelm gebruik se gedrag verander heeltemal – dit is asof hulle demonies optree met buitengewone menslike krag. Hulle dink gewoonlik dat hulle gejaag word óf hulle het die behoefte om ander mense te jaag. Ons het gevalle gesien waar mense stukke van ander mense se vlees uitgebyt het terwyl hulle vasgedruk was,” het hy tydens die onderhoud vertel.

Die dwelm het volgens Pillay kop uitgesteek in Pinetown, Chatsworth en Wentworth in KwaZulu-Natal. Hy het aan JacarandaFM gesê dié dwelm is dodelik en kan glo ingesluk, ingespuit of gerook word.

“Flakka” is ook glo aansienlik goedkoper as enige ander dwelm wat tans in die mark is.

“Twee gevalle waarmee ons te doen gehad het, was deur mense wat die dwelm in hulle drankie gekry het. Die mense verander in iets heeltemal anders; asof hulle van hulle kop af raak. Ons is hartseer dat dié dwelm ook nou in Suid-Afrika versprei word, des te meer oor die negatiewe uitwerking op mense wat dit gebruik. Dit verander hulle werklik in ʼn zombie – hulle voel dan demonies.”

NBC het vroeër vanjaar berig meer as 60 mense in die VSA is in die afgelope jaar aan dié dwelm dood. Die dwelm is glo sterker as kokaïen en heroïen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Diklizzy ·

Dis skrikwekkend hoe vinnig die goed versptei. Dit was sommer net nou die dag net in Brasilië beskikbaar. Wys hoe swak is ons grensbeheer.

Angelique ·

Here asb gryp in en help ons! Ons kinders en kleinkinders wat nog in die wereld moet groot word. Liewe Heer net U kan help!

Libbie ·

Geborg deur die liberales. Ons mag mos nie afreken met dwelmhandelaars nie, hulle menseregte moet mos gekoester word.

Wilma ·

Rerig? Gaan google flakka dan sien jy. Skrikwekkend! Ministers tree soos idiote op maar flakka lyk demonies. Hoop en bid vir my kinders en ons kinders

Hanna ·

Zuma het mos mou n standbeeld in Lagos. Ek is bevrees die dwelmhandelaars is hier om te bly… grensbeheer bestaan al lankal nie meer nie. Dis nou net n omkoop-area.

Leahim ·

Ek het gaan oplees oor die dwelm en dit is scary baie scary.

Anoniem ·

Sulke hoogs gespesialiseerde “designer drugs” beland nie toevallig in die samelewing nie… Dit word ook nie deur die algemene “dwelm vervaardiger” ontwikkel en op straat versprei nie. Boehringer Ingelheim het cathinone α-pyrrolidinopentiophenone (α-PVP) “flakka” alreeds in die 1960s ontwikkel en gepatenteer.

Anti-Flakka ·

Dis verskriklik…. Sien mense, dis hoekom die huise in Rustenburg afgebrand word. Wonder of hulle ook al Flakka begin versprei soos al die ander dwelms.

bgj van der westhuizen ·

die mense wat dit verkoop se straf is niks hulle moet die dood straf gee vir die verkoper en maak hulle hulle die draks self op eet as hy gevang word dan gaan hy dood en dit sal ons geld spaar as om hulle te verhoor en in die tronk te sit

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.