Waarskuwing uitgereik oor donderstorms in Pretoria

Storms in Soshanguve (Foto verskaf deur Stad Tshwane)

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het Maandag ʼn waarskuwing uitgereik waar geïsoleerde donderstorms in die suidelike dele van Pretoria moontlik tot oorstromings kan lei. Thabo Charles Mabaso, woordvoerder van die departement nooddienste van Stad Tshwane, het gesê nog storms en donderstorms word vir Dinsdag en Woensdag voorspel. Geen reën word egter Vrydag of Saterdag verwag nie.

Dit volg ná Stad Tshwane se nooddienste Sondagaand reageer het op voorvalle waar erge donderstorms in Soshanguve dakke beskadig en bome ontwortel het.

Mabaso het gesê rampbestuurbeamptes is ontbied waar ʼn huis en die polisiestasie-barakke se dakke afgeruk is. Die gesin het komberse en plastiekseile ontvang. “Die departement waardeer die gemeenskap wat gehelp het om die huis met ʼn poliëtileen-tent te bedek. Alternatiewe akkommodasie is reeds gereël vir die gesin en die betrokke beamptes wat in die polisie se barakke gebly het,” het Mabaso gesê.

Brandbestryders moes ook bome verwyder wat deur die storm ontwortel is en die pad naby die Soshanguve-polisiestasie en landdroshof versper het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Mallie ·

Die inwoners moet maak soos Liewe Heksie en klippe op haar dak pak sodat dit nie kan weg waai nie.

Hendrik ·

Ek sien in ons omgewing is die grootste probleem is dat daar nie geld is om die huise, wendy huise, sink huise en karavane weerbestand te maak nie. Ek praat nou hier van ‘n wit gemeenskap en ek glo dit is net so in die plakkerskampe. Dit klink of alles verder goed gaan in die ‘suburbs’.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.