Waarskuwing vir donderstorms uitgereik

Donderstorms wat vorm oor die Noordwes (22 Oktober 2017). Foto: Twitter via @SAWeatherServic

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het Sondag ʼn waarskuwing uitgereik vir hewige donderstorms oor plekke in die Noordwes en in die sentrale en noordelike gedeeltes van die Vrystaat.

Die weerdiens het inwoners op dié plekke gewaarsku om skuiling teen die donderstorms te soek, maar nie onder ʼn boom of naby telefoon- of kragdrade, op heuwels of in onbeskermde gazebo’s of piekniekskuilings nie. Die weerdiens het ook gewaarsku dat sport, soos gholf of visvang, nie te midde van die donderstorms beoefen moet word nie.

Die publiek is aangeraai om hul diere binnenshuis te bring, nie tydens die storm te bad of te stort nie, voertuie te bedek of onderdak te parkeer en elektriese toerusting uit te prop.

Skade by ʼn motorhandelaar in Bronkhorstspruit (22 Oktober 2017) Foto: Twitter via @ReenvalSA/Rainart Joubert

Die waarskuwing is gerig nadat reën Saterdagnag op verskeie plekke in die land geval het. Verskeie sosialemediagebruikers het Sondag foto’s van halfvol reënmeters gedeel, terwyl ander foto’s gedeel het van skade wat weens reën en sterk winde aangerig is.

Volgens die SAWD is 39 mm reën by die Johannesburgse Botaniese Tuine waargeneem, terwyl 38 mm reën in Bronkhorstspruit geval het. Springs het 36 mm reën gekry en Pretoria tussen 12 mm en 20 mm.

In Mpumalanga het Ermelo 20 mm reën gehad en Secunda 32 mm. In Kriel het 9 mm reën geval. In die Tshivhase-gebied in Limpopo het 15 mm reën en 10 mm in Levubu geval. Plekke in Noordwes het ook goeie reën gekry, onder meer tussen 29 mm en 34 mm in Lichtenburg en omliggende gebiede, 24 mm in Pilanesberg, 23 mm in Dwarsfontein en 17 mm in Ventersdorp.

In die Vrystaat het 24 mm reën in Frankfort en 19 mm reën in Vrede geval. Volgens die SAWD is geen noemenswaardige reënval in die Noord-, Wes- of Oos-Kaap waargeneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johann ·

Dankie. As die ander verinderstelde “intelegensie” dienste nou ook net so pro aktief kan wees oor geoganiseerde en beplande anargie strategie; moord; korrypsue; kapings…jy weet die tipe goed wat RERIG voor en oor gewaak moet word. O jaa askuuuuus! Hull3 is DEEL van die anargie strategie…sorry julle.

Leahim ·

Ek hoop hierdie reën gaan ook weskaap toe die inwoners kry swaar.

Lize-Marie Foot ·

Karma…..is n lelike ding! Hoop Hoffeld onthou van die dag wat hy die Nissan NP200 met die skewe as aan my kind verkoop het en toe geweier het om enigeiets daaraan te doen toe ons hom daarmee konfronteer!!!

Oosie ·

Boontjie kry sy loontjie. Hy sit met meer as gebuigde asse nou, maar baie gebuigde “body panels”

Frikkie ·

Hi Lize-Marie Foot, wat het die arme ou Nissan NP200 met die storie oor die berig hierbo uit te waai. Of het ek te veel klippies nou gedrink. Onthou asseblief net, vergelding kom altyd terug na ons toe, soms 7x7x7……. keer

Lize-Marie Foot ·

Ons het by die handelaar in die berig n bakkie gekoop en n week later uitgevind dit het n gebuigde as. Ons het na alle kante met die hamdelaar geworstel sonder enige sukses. Nodeloos om te sê ons moes n nuwe as koop en 4 nuwe bande wat skade gely het agv die skewe as. Die ergste vir my was dat my kinders uit Bronkhorstspruit tot ini Kaap met die voertuig gery het skewe as en al en ek het daai ou daardie dag belowe sy dag sal kom!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.