Waarskuwing vir Gauteng-motoriste vir Donderdag uitgereik

Argieffoto

Die Tshwane- en Johannesburg-metropolisie het Woensdag ʼn waarskuwing vir Gautengse motoriste en pendelaars uitgereik.

Dít volg nadat die taxi-organisasie Santaco kennis gegee het dat taxi-pendelaars alternatiewe vervoerreëlings moet tref vir Donderdag weens ʼn grootskaalse betoging teen, onder meer, die “hoë koste van minibustaxi-aankope”.

“Geen taxi’s gaan dienste lewer nie en pendelaars moet alternatiewe reëlings tref. Ons vra om verskoning vir enige ongerief wat hierdeur veroorsaak word,” het Ralph Jones, Santaco se woordvoerder, gesê.

Taxibestuurders gaan van vroegoggend uit verskeie rigtings in Gauteng na die kantore van die South African Taxi Finance in Kerkstraat in Midrand beweeg, waar hulle om 10:00 ʼn klagskrif aan die direkteurs van die maatskappy gaan oorhandig.

“Sommige lede van die taxibedryf is hard getref deur ʼn hoë rentekoers van 28% en om op ʼn swartlys geplaas te word weens die betaling van R15 000 per maand oor 72 maande. Ons kan dit nie meer vat nie,” het Jones gesê.

Die Tshwane- en die Johannesburg-metropolisie het ʼn verklaring uitgereik om te sê hulle is bewus van die beplande protesoptog.

Die Tshwane-metropolisie het gesê die betogings is nie goedgekeur nie en erge verkeer word tussen 04:00 en 08:00 in Pretoria verwag. Sr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die metropolisie, het gesê die hoofweë waar vertragings verwag word, is die Mabopane-snelweg, R21, N1 en N4.

Sr.supt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, het gesê vertragings word veral op die N3- en N1-snelweë in die rigting van Midrand verwag.

Nooddienste in Durban het op 31 Mei hul hande vol gehad om by ongelukstonele uit te kom, motoriste moes erge verkeer verduur en duisende pendelaars is gestrand gelaat weens ʼn taxi-staking in dié stad.

Lede van die taxi-organisasie Santaco het vroeg Woensdagoggend die strate ingevaar en versperrings op snelweë en hoofroetes veroorsaak. Honderde Santaco-lede het met hul taxi’s in konvooie gery na die Prospecton- industriële gebied, waar die voertuigvervaardiger Toyota se aanleg geleë is, om by die aanleg te betoog en ʼn griefstaat te oorhandig.

Santaco het Toyota in ʼn verklaring daarvan beskuldig dat die vervaardiger voertuie wat vir taxi’s gebruik word se pryse opstoot. Volgens berigte is die taxibedryf ontevrede omdat die Toyota Quantum 10 jaar gelede teen R220 000 ingevoer is en nou plaaslik teen R450 000, sonder rente, vervaardig word. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Ashlee ·

Lees ek reg. As die res van die land se ieder en elk jaarliks meer moet opdok vir hul voertuie, mag hulle ook dan n snelweg sabotage?

Mariaan ·

Wat het jou brood en mieliemeel 10 jaar gelede gekos? Die prys daarvan het sekerlik nie dieselfde gebly nie? Kan jy nou sien dat die afgradering van die land se ekonomie en die swak wisselkoers en elke tweede maand se staking en protesaksie WEL ‘n invloed op jou eie sak het?Begin dit nou sin maak?

Krismis ·

Dit gaan n wonderlike dag wees met geen taxi’s op die paaie

Marietjie ·

Huhhh, wat verstaan jy nie? Hulle gaan op die paaie wees hulle gaan net nie beweeg nie! So lekker hier op ons ou bosveld dorpie! Sterkte daar vir almal!

Lizelle ·

Marietjie die paaie is so lieflik stil vandag as jy die snelweë vermy. Geen taxis wat voor my indruk nie.

Rede ·

Een van die redes is dat ‘n taxi gewoonlik in ‘n ongeluk afgeskryf word. Omdat daar so baie ongelukke is a.g.v. blatante nalatigheid en roekeloosheid is dit mos nou vanselfsprekend dat die voertuie voortydig vervang moet word. Ry dus soos beskaafde mense met julle taxis dat die goed langer kan hou. Dis mos nie só ingewikkeld as selfs ek die oplossing duidelik kan sien en verstaan. Eish . . .

Lollie ·

Laat hulle duur betaal vir die voertuig. Hulle betaal tog geen belasting op die geld wat hulle met daardie voertuig maak nie! Hulle wil alles hê maar hulle wil dit verniet hê!

Estelle Claassens ·

Behoort die probleem nie voor die Sondebokke wat daarvoor verantwoordelik is dat ons geldeenheid so sleg vertoon gelê te word nie? Alles wat ingevoer word “motor parte” inkluis, het geweldig opgegaan van Zuma sy beroemde naweek minister van finansies aangestel het!

Stefaans ·

Dit is ‘n kriminele oortreding om verkeer op ‘n openbare pad te belemmer – wat van wetstoepassing?

christene ·

Watter wet en wie se wette en wie pas dit toe? Hierdie land is wetteloos.

Veritas ·

Die ANC-regering moet maar die pakslae vir die ene vat. Hulle vry na taxi-eienaars vir hul stem en het hulle toegelaat om ‘n mafia-tipe organisasie op te bou. Taxi-eienaars (let wel nie taxibestuurders nie) betaal groot geld om die beskerming van die staat te geniet. Hulle is in ‘n onaantasbare posisie en hulle maak en breek soos hulle wil. Ek sal graag wil weet hoe hulle inkomste gemonitor word en dus hoeveel belasting daar op hierdie industrie gehef word. Die owerhede het lankal beheer oor die spul verloor.

tom ·

Ek glo nie hulle verstaan hoe werk geld eenheid en ekonomie van n land nie

Hennie Theart ·

Manne julle moet onthou, om die president se vraatsugtigheid te onderhou kos geld.

Esme Strauss ·

Maak die taxis n miljoenrand of so onbekostigbaar sodat pendelaars veiliger alternatiewe kan kies. Hoe minder taxis op die pad hoe veiliger ons almal

Marius ·

Hulle is nie verseker. Skryf taxi af en hou dan op betaal want daar is geen versekering op die taxi. Dus die rede vir hoe rente koers en ook hoekom hulle op swartlys kom. Of geld daai wette nie vir hulle? As hulle daai koop kontrak teken moet hulle net mooi lees dit staan daar.

Ben ·

Niemand verplig hulle om ‘n duur Toyota voertuig te koop nie. Kry ‘n goedkoper opsie.

Scalla ·

Die metropolisie is bewus daarvan en doen absoluut niks, tree op teen hulle, wil mos alles verniet hê, blameer julle regering vir die finansiële gemors, laat die Guptas die taxis subsidieer.

John ·

Of is hulle juis kwaad dat meters in die bussies geinstalleer is wat boekhou van die kwaad… Soos die Grieke, ook kommunisties geneig, glo belasting is vir die gepeupel en ten alle koste vermy moet word… Vandaar ook dat die eens roemryke land nou deur die EU geteer-en-veer word en plakkers die skone eilande tot rommelhope gerubberboot het.

Cora ·

Daars seker 10 % as dit soveel is wat belasting betaal. Eks seker daarvan hulle betaal ook nie vir petrol wat ons betaal nie. Hulle is soos n mafia en maak en breek nes hulle wil. Maak die taxis nog duurder want daars te veel op die pad.

Ruby ·

Ek as gewone burger betaal belasting.

Betaal die taxi drywers belasting, en o ja hulle maak beslis genoeg om te kwalifiseer om te betaal.

Is hulle geregistreer vir UIF en word dit oorbetaal?

Kry hulle payslips en en en………

AnnA ·

15 min werk toe ipv 45 hemel op aarde. Stem met baie saam taxi bedryf mafia bedryf en tien teen een anc minister ook betrokke. Hulle regeer die paaie soos rob mugabe veroorsaak 3 tot 4 ongelukke weekliks op R55 weens nalatigheid. Metro en SAP geen magtiging en bankrot die staat ongeluksvonds wat miljoene uitbetaal. Die wereld staan op teen “bullies” maar SA en Zim regeer die bullies deur toe te laat dat taxis doen wat hulle wil. Myns insiens omring hulle met polisie en weier hulle om te ry vir ‘n paar dae. Time is money vice versa.

Willie ·

Was n droom om vanoggend werk to te ry…..daar was geen taxis wat die verkeer opgeneuk het nie….

Anoniem ·

Mmm, so die taxi eienaars wil steel van die maatskappye deur kostes af te probeer dwing? Dalk moet die maatskappye wat minibusse bou ‘n slag staak en geen minibusse vervaardig nie dan kyk ons hoe werk dit vir taxi tiranne uit?

Sakkie ·

Gaan kyk gerus weer na die berig. Dit is hulle eie finansierings organisasie wat die hoë rentekoers vra. Die redenasies van die taxi eienaars (amper skryf ek eienars) is duidelik bo my vuurmaak plek.

A. Brits ·

Ek was so paar maande gelede in ‘n ongeluk waar ‘n taxi drywer net eenvoudig oor die rooi lig gejaag het. Ons was drie mense in die kar en natuurlik was daar geen uitbetaling deur die taxi drywer nie hy het net eenvoudig sy skouers opgetrek en vir ‘n volgende een die wiel gegee sodat hy die polisieverklaring kon teken.
Hulle moet geban word van paaie

Karen Visser ·

Meer as 80% van pendelaars in Gauteng kom by die werk met taxi vervoer. NIE want dit is luuks of lekker, maar omdat hulle nie ‘n keuse het nie. Ek is seker hulle was vanoggend net so dankbaar dat almal vinnig en gemaklik by die werk kon kom. Die bedryf is HOë risiko, onbetroubaar, onveilig, onverseker en glad nie in ‘n goeie toestand nie, maar die arme pendelaars is gevange midde in die gesprekke, geheul, gekonkel van al die ander rolspelers!

marous ·

Waarom gaan betoog Jones en sy gevolg nie by die parlement nie? Die werkersklas wat se rug klaar geknak is oor die patetiese waarde van die land se geld , moet nou boet vir hul selfsugtige optrede. Jy kan net sowel die kat skop as die hond blaf…

Natasha ·

Weet enigeen wat is die verwagting of die betoging die middag spitsverkeer tussen Pretoria en Johannesburg gaan beinvloed?

Johannes van Staden ·

Betaal nie belasting, ry die paaie gedaan, betaal nie versekering, betaal ook geen tolgelde, veroorsaak baie ongelukke en hou nie by die reels van die pad nie ..alles is eintlik verniet in SA so wat is die groot probleem …as jou taxi te duur is kry net n goedkoper ene !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.