Waarskuwing vir matrieks wat wil kul

Mary-Louise Madalane, senior bestuurder van Umalusi, en uitvoerende hoof dr. Mafu Rakometsi (12 Oktober 2017) Foto: Lindi Masinga/ANA

Die raad vir gehalteversekering in onderwys, Umalusi, het Donderdag gesê drastiese stappe sal gedoen word teen enigiemand wat skuldig bevind word aan onreëlmatighede.

“Ons wil ʼn skoon en foutlose eksamen hê,” het dr. Mafu Rakometsi, uitvoerende hoof van Umalusi, tydens ʼn assessering van die staat se gereedheid vir die 2017 nasionale senior sertifikaat-eksamen gesê.

Altesaam 634 814 voltydse kandidate sal by 6 844 plekke oor Suid-Afrika heen aan die eksamen deelneem. Die eksamen begin Maandag, 23 Oktober 2017. KwaZulu-Natal is die provinsie met die meeste kandidate (169 023).

Rakometsi het gesê ná vraestelle in 2016 in Limpopo uitgelek het, is die raad selfs nog meer waaksaam om seker te maak dat ʼn soortgelyke voorval nie herhaal word nie. ʼn Wiskunde-vraestel vir matrieks is in 2016 aan leerders in Giyani, Limpopo, uitgelek.

Die raad het gesê provinsies en sentra sal die veiligheidskwessies weer hersien om seker te maak dat veranderinge aangebring is.

“Die stelsel word verbeter en dis nie meer wat dit in die verlede was nie,” het Rakometsi bygevoeg.

Die week se storms in Gauteng en KwaZulu-Natal het egter tot onverwagte uitdagings gelei. Rakometsi het gesê die reën “het die spel verander” wat betref hul gereedheid in die betrokke gebiede. “Ek sal ʼn brief aan elke provinsie skryf en hulle versoek om inligting te verskaf oor die eksamensentra wat hierdeur geraak is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Laat my dink ·

Laat my dink aan die vraestel wat nog geskryf moes word wat by ‘n skool foutiewelik té vroeg uitgekom het. Op navraag van die onderwyser dat die verkeerde vraestel ontvang is en die regte een gestuur moes word kom die antwoord: “Ons maak so maar faks net die een wat geskryf moet word vir ons terug vir sekuriteitsdoeleindes.”

koos ·

geskiedenis was my sterk vak op skool. dit was nog in die ou SA. Sterk van en goeie punte het egter nie beteken dat dit maklik was nie. Ek moes bitterlik hard leer.
Ek het onlangs n voorbeeld van huidige n matriek geskiedenis vraestel gesien. ek was BAIE verbaas oor hoe maklik dit deesdae is. So kullery hoef nie eens ‘n opsie te wees nie. Alles is klaar maklik genoeg

Wdp ·

Baie mooi maar wat van al die politici wat kul. Begin by die groot menere voordat julle skoliere wil leer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.