Waarskuwing vir rowwe seetoestande uitgereik

Argieffoto

Argieffoto

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het Woensdag ʼn beroep op die publiek gedoen om uiters versigtig te wees te midde van waarskuwings van rowwe seetoestande, stormtoestande en stormsterkte winde rondom die land se kuslyn.

Craig Lambinon, woordvoerder van die NSRI, het gesê die waarskuwing, wat deur die Suid-Afrikaanse Weerdiens uitgereik is, gaan gepaard met die volmaan-springgety wat Woensdag sy piek bereik en vir die volgende vyf tot ses dae kan voortduur.

“Die weerdiens monitor weerdata en sal sy waarskuwings daarvolgens aanpas,” het Lambinon gesê.

Die springgety gaan gepaard met hoër hoogwater en laer laagwater wat kan lei tot ­sterker sleurstrome.

Die NSRI doen ʼn beroep op mense wat watersport beoefen, bootvaarders, roeiers, swemmers en hengelaars om tydens stormtoestande versigtig te wees. “Hou weerwaarskuwings dop, programmeer die noodnommer 112 op jou selfoon en gaan net in of op die see as dit absoluut noodsaaklik is,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Buitestander ·

Wat moet die arm vissermanne doen as hulle nie kan vis vang nie lei holle honger.

James ·

Hulle moet maar aanvaar dat die weer hom nie laat voorskryf nie, en rustig op hulle “honger holle” sit en wag dat die laagdrukstelsels wat die land tans nader, verbygaan…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.