Waarskuwing vir terreuraanvalle in SA uitgereik

Argieffoto

Terroriste verbonde aan die Islamitiese Staat (Isis) kan “waarskynlik” aanvalle in Suid-Afrika uitvoer. Dít is volgens buitelandse reiswaarskuwings wat op die Verenigde Koninkryk (VK) se webwerf geplaas is.

In dié waarskuwing noem die Britse regering ekstremiste verbonde aan Daesh, voorheen bekend as Isis, as die hoofbedreiging.

Die “terreur-afdeling” op die webwerf is dié week bygewerk ná twee Britse burgers glo vroeër vandeesmaand in Vryheid in KwaZulu-Natal ontvoer is. Die Valke stel tans ondersoek in of die paar se verdwyning met terreur verband hou.

Volgens die verklaring wat verskeie nuusberigte aanhaal, het verskeie Suid-Afrikaanse burgers na Sirië, Irak en Libië gereis en is dié reisigers glo veiligheidsrisiko’s wanneer hulle terugkeer.

“Daar is ook ʼn bedreiging van mense wat glo deur terreurgroepe, onder wie Daesh, geïnspireer is om sogenaamde ‘alleen-aanvalle’ op openbare plekke, waaronder waar buitelanders bymekaarkom, uit te voer.”

Die Britse regering het gewaarsku dat aanvalle lukraak in winkelsentrums in groot stede kan plaasvind.

“Die Suid-Afrikaanse owerhede het suksesvol daarin geslaag om verskeie beplande aanvalle in die wiele te ry, asook talle inhegtenisnemings wat verband hou met terreur-oortredings uitgevoer. Dit sluit in beweerde planne om Joodse teikens en westelike diplomatieke missies aan te val,” lui die verklaring.

“Die Suid-Afrikaanse owerhede het ook geslaagd opgetree teen regse ekstremiste.”

Kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Valke, het vroeër aan Maroela Media gesê twee verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die paartjie se verdwyning. Sayfydeen Aslam del Vecchio (38) en Fatima Patel (27) het Maandag vlugtig in die landdroshof op Vryheid verskyn. Del Vecchio en Patel word aangekla van ontvoering, brandstigting en moontlik ook van terreur.

Hulle sal na verwagting volgende week weer in die Vryheid-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

SLAAP GERUS ·

Die UK het nog altyd die kat aan die stert beetgehad. Daar is ‘n groter kans dat die UK onder ISIS se terroriste gaan deurloop as SA. Hier is te veel pelle in SA, hoekom sal hulle SA wil aanval? Daar is absoluut geen sin daarin nie. Hulle val net lande aan wat WESTERS dink, nie AFRIKANE nie!

Anoniem ·

Praat UK wat saam met VSA betrokke is by die opleiding, befondsing en bewapening van ISIS/Daesh.

Frikkie ·

“Slaap Gerus” ontwaak uit jou droom wereld. Ons kan hier in RSA geraak word deur sulke aanvalle. My rede hiervoor is dat ons alles vanself sprekend aanvaar. Daar is horde mense wat swaar kry en enige iets sal doen om geld te maak. Kyk wat gebeur gedurende optogte mense voel niks vir ander se eiendomme of lewe nie. Soos onse groot ouers gese het, moenie dink dat dit nie met jou/ons kan gebeur nie. Dink asseblief logies en nie sulke uitlatings maak nie

LouE ·

Slaap Gerus – Hulle sal waarskynlik buitelandse burgers – soos Amerikaners en Engelse – in ons land aanval. Dis makliker hier en hulle kan makliker wegkom ook. Daar was ook genoem dat hulle plekke teiken waar daar buitelanders byeenkom soos bv. ‘n winkelsentrum naby ‘n ambassade.

Eish ·

Tragies dat sulke inligting uit die buiteland moet kom vanweë hierdie hool se intelligensiediens wat verrot is deur Zuptopia agente.
Buitelanders moet maar goed bedag wees op die misdaadsituasie ook. Groot of klein groepe is almal geteiken. Bly weg vir jul eie veiligheid.

Sarel swartbrand ·

Met die hulp van n goeie gewapende sekuriteits maatskappy want die meeste polisie beamptes sal dink isis is n nuwe klere brand

Coen ·

Ons is in die moeilikheid ons het nie soos ander lande n polisie om ons te beskerm nie.

Manie Strydom ·

Ek stem saam ons kan nie die bendes in blou wat hulself polisie noem vertrou nie.

Pieter ·

Ek het ook geen vertroue meer in die polisie nie ons het maar ons eie buurtwag begin en offer maar op terwyl die polisie lê en slaap by die aanklag kantoor hulle is nogal ongeskik as jy hulle wakker bel ,ek weet nie waar dit gaan eindig nie.

PJC ·

As die owerhede nie wakker skrik sit ons een van die dae met dieselfde probleme as Kenia.

Bekommerd ·

Ja Isis aanvalle is n moontlikheid in SA….maar n werklikheid is hier is elke dag en nag aanvalle op onskuldige mense deur ons eie moordenaars, Nigeriers, Zimbabwiers,Mosambiekers jy noem dit en hulle is hier…die slegstes van die slegstes…kom plak hier en van ons polisielede, waarvan die helfte ook kriminele is, maak geld uit hulle….kom kyk maar hier in Rustenburg…..so moral of the story….bly weg uit SA julle gaan beroof, verkrag, geskend en vermoor word…..ons het n stryd om elke dag te oorleef…hier is jy nerens meer veilig nie….ons Polisie kan jou nie veilig hou nie…..

Sarel Strydom ·

Onwettige en selfs wettige immegrante groter probleem. Ja mense kan maklik in SA gewerf word,swak grensbeheer, swak dissipline en swak opleiding en ondersteuning aan organisassies maak insypeling maklik. Die Britte moet nie lla nie hulle was mede argitekte van die Nuwe SA.

Hansie ·

Let bietjie op in watter areas word oorsese toeriste aangeval. Is dit nie maar omdat ons n “maklike” dwelm land is nie, so dan beweeg hul in die verkeerde areas om so ietsie in die hande te kry

Lolla ·

Tien teen een sal daai SAners nie terug kom nie, gaan dalk juis om hulself op ander plek te gaan opblaas. Hel, ek hoop hulle doen niks! Dis so wreed en in my kop, doelloos.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.