Waarskuwings uitgereik oor donderstorms

(Grafika: @SAWeatherServic/Twitter)

Oranje vlak 5- en geel vlak 2-waarskuwings vir erge donderstorms is uitgereik oor die sentrale en oostelike dele van die land.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ʼn geel vlak 2-waarskuwing uitgereik vir die oostelike en sentrale dele van die Vrystaat en Noordwes, suidwestelike dele van Limpopo, noordelike dele van Gauteng, westelike en sentrale dele van die Mpumalanga-Hoëveld en oostelike en suidelike dele van KwaZulu-Natal.

Oranje vlak 5-waarskuwings vir erge donderstorms is uitgereik vir die oostelike dele van die Vrystaat, suidoostelike dele van Noordwes, die Gauteng-Hoëveld, suidelike dele van Mpumalanga en noordwestelike dele van KwaZulu-Natal. Buiten weerlig en oorstromings word klein hael en sterk wind ook in dié gebiede verwag.

THE REGIONAL WEATHER FORECAST FOR TOMORROW: 2023-11-08ISSUED AT 16:00 SAST BY THE SOUTH AFRICAN WEATHER…

Posted by South African Weather Service on Tuesday, November 7, 2023

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.