Waarskuwings vir kitsvloede uitgereik

Argieffoto

Argieffoto

Weather SA het Maandag gewaarsku dat swaar reën vir die volgende twee dae in verskeie provinsies verwag kan word wat moontlik tot kitsvloede kan lei.

“Swaar reën met die moontlikheid van kitsvloede kan Maandag in die Vrystaat, Noordwes en Wes-Kaap voorkom,” het Madimetja Thema, weervoorspeller, gesê.

Gauteng kan Maandagaand en Dinsdagoggend ook kitsvloede ervaar.

“Die swaar reën gaan teen Dinsdag na die Oos-Kaap versprei en behoort teen Dinsdagaand op te klaar,” het Thema bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.