Waarskynlikheid vir beurtkrag ‘groot’

Argieffoto (Foto: Johannes Plenio/Pixabay)

Eskom waarsku daar is ʼn vanaand (Donderdag) tydens spitstye ʼn groot moontlikheid vir beurtkrag.

“Eskom werk hard om opwekkingskapasiteit weer tot normaal te herstel, maar die stelsel is steeds onder erge druk,” sê die kragvoorsiener in ʼn verklaring.

Maroela Media het Woensdag berig twee opwekkingseenhede, een by die Kendal- en een by die Tutuka-kragstasie, het die gees gegee. Eskom sê nou dié opwekkers, sowel as een wat by die Duva-kragsentrale onklaar geraak het, is nog nie weer in diens nie. Intussen het nóg ʼn opwekker by Tutuka en een by die Lethabo-kragsentrale opgepak. “Enige verdere onderbrekings aan die kragnetwerk sal veroorsaak dat Eskom nie aan die vraag na krag tussen 17:00 en 21:00 kan voldoen nie,” lui die verklaring.

Eskom het lede van die publiek gevra om hom te help om die vraag na krag beter te bestuur deur krag spaarsamig te gebruik.

Eskom se uitvoerende hoof, André de Ruyter, het Woensdag aan Jacaranda FM gesê Eskom doen alles moontlik om die ligte dié winter aan te hou en dat die kragvoorsiener se belofte – dat beurtkrag in Julie tot net drie dae beperk behoort te word – steeds geld.

Eskom het op 15 Maart laas beurtkrag toegepas.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Delon

hoe is dit moontlik met fabrieke en myne en besighede wat oral besig is om toe te maak dat EKSDOM nie elektrisiteit kan voorsien nie ?

Plaaskind

Mens raak net woedend vir al die staatsinstansies wat nie diens kan lewer maar vet salarisse kry. MOEG vir hierdie standaarde wat ons Suid-Afrikaners geforseer is om te aanvaar en daarmee moet saam lewe.

Strandloper

Asb tog gee nou finaal die gees julle ly nou al so bitter lank aan plein hopeloosheid…

Persheks Adri

Ons betaal mos vir krag regtig waar! Vat ons geld vir PATESIESE diens! Is die regering se krag ook af?

Termiet

En moet asseblief tog net nie aan “our people” se onwettig aansluitings raak of hulle toevoer afsny oor hulle skuld nie.