Waarskynlikheid vir beurtkrag groter vandag

(Argieffoto: Tracey Adams/ANA)

Hoewel geen beurtkrag Donderdag verwag word nie, sê Eskom die moontlikheid daarvan is groter weens die verlies aan bykomende opwekkingseenhede.

Die kragvoorsiener het Woensdagaand in ’n verklaring gesê sekere eenhede sal vandag (Donderdag) aan die stelsel onttrek word vir noodsaaklike instandhoudingswerk.

Luidens die verklaring bly die stelsel onder druk en kwesbaar. Eskom sou wel van sy noodreserwes deur die nag gebruik het om voorraad aan te vul.

Onbeplande kragonderbrekings het Woensdag teen 17:30 op 11 773 MW gestaan met geskeduleerde instandhoudingswerk op 4 602 MW.

Eskom wys weereens daarop dat ’n moontlikheid van beurtkrag weens noodsaaklike instandhoudingswerk oor die volgende 18 maande bestaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Praatsaam ·

Is dit nie nou al 17 of 16 maande nie? Of is elke nuwe maand weer die begin van die 18 maande?

antieke antie ·

ken jy die telvermoeie van die regering en president? ;)

Termiet ·

LOL… Op ‘n ligter noot… Die dame in die foto kon haar kos in die mikrogolf gaar gemaak het. Sy liggie skyn nog helder.

Vriendelike Frikkie ·

Het jou Katvis! Dis gewoonlik sulke klein details wat ‘n goeie storie sink.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.