Wada skors Afrika se enigste geakkrediteerde laboratorium

Wada het Afrika se enigste geakkrediteerde laboratorium geskors. (Argieffoto: Tony Karumba/AFP)

Die Wêreldagentskap teen die gebruik van verbode middels (Wada) het Afrika se enigste geakkrediteerde laboratorium vir die toets van verbode middels se akkreditasie tydelik opgeskort weens versuim om aan verskeie internasionale standaarde te voldoen.

Wada sê in ʼn verklaring die opskort van die akkreditasie van die Suid-Afrikaanse dwelmbeheerlaboratorium (SADoCoL) in Bloemfontein geld ses maande lank.

Verskeie beperkings is in September reeds op die laboratorium in Bloemfontein geplaas, terwyl sommige ander bedrywighede wat verband hou met toetse teen die gebruik van verbode middels toegelaat is om voortgesit te word.

Wada sê egter kenners het die agentskap aangeraai om die fasiliteit se akkreditasie weens “verskeie nonkonformiteite met die internasionale standaard vir laboratoriums” op te skort.

“Die skorsing verhoed die laboratorium om enige bedrywighede oor die gebruik van verbode middels voort te sit.”

Dit sluit in die ontleding van urine- en bloedmonsters. Die ontleding wat verband hou met individuele atlete se hematologiese profiele mag steeds gedoen word.

Tydens die skorsing sal monsters wat nog getoets moet word, monsters wat nog deur die bevestigingsprosedure moet gaan en enige monsters waar ʼn negatiewe ontledende bevinding gemaak is, na ʼn ander Wada-geakkrediteerde laboratorium vir ontleding gestuur moet word.

“Dit is om hoëgehalte-monsterontleding te verseker, wat ook atlete se vertroue in die proses en die groter stelsel teen die gebruik van verbode middels beskerm,” sê Wada.

Wada sê die laboratorium sal toegelaat word om vir herinstelling aansoek te doen nadat hy bewys het dat al die geïdentifiseerde gebreke behoorlik opgelos is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jack ·

Ja die kaders se droogmaak kan nie weggesteek word vir die wereld nie.Ek kan net dink hoe die standaarde en reels in die lab nie nagekom is nie.Dit is hopeloos.Voordat ons nie nie bevoegde en gekwalifiseerde persone in beheer van instansies kan aanstel nie gaan die tendens voortgaan.Die ANC moet uit.Stem reg mense.

Republikein in die Wes Kaap ·

So boer die land agteruit. Het die parlement al wetgewing goedgekeur om aan WADA se nuwe voorskrifte te voldoen? SA se span gaan nog onder ‘n neutrale IOC vlag en lied aan die Olimpiese Spele deelneem. Dán gaan die minister weer gal braak.

Marthinus W ·

Kyk asb bietjie verder. Wada het n slegte reputasie onder atlete en baie lande. Wada het die mag om n soewereine staat te verbied om aan n sportgeleentheid deel te neem. [Terwyl die Olimpiese Komitee daardie magte behoort te he] Daar is al jare lank n geveg dat Wada se magte [wat hulle misbruik] verminder word. Op Nederlandse TV was daar n onderhoud met Hajo Seppelt, waarin hy erken dat feitlik elke land atlete het wat verbode middels gebruik, maar, seg hy, slegs Rusland en haar bondgenote [ons is deel weens Brics]word geteiken. Dis n politieke speletjie.

domheks ·

Soos ALLES in SA ‘n groot gemors want cANCer het daaraan gevat! Skande!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.