Wag aangeval by Addo-olifantpark

Ingang tot die Addo-olifantpark. (Foto: Tracks4Afrika)

ʼn Sekerheidswag is Dinsdagaand by een van die hekke van die Addo-olifantpark in die Oos-Kaap aangeval.

“Die voorval het net na 20:00 by die Potgietershek plaasgevind toe verdagtes die wag genader en beveel het om sy dienspistool of wapen te oorhandig,” sê Fay Ludick, woordvoerder van SANParke.

Sy verduidelik dat die park gebruik maak van ʼn eksterne sekerheidsmaatskappy wat die hekke 24 uur ʼn dag beman.

“Toe die boewe agterkom hy het nie ʼn wapen nie, het hulle hom in albei hande met ʼn mes gesteek en op die vlug geslaan,” sê Ludick. “Hy is onmiddellik vir behandeling na die hospitaal geneem en is vandag [Woensdag] al ontslaan,” sê Ludick.

Polisiewoordvoerder Tembinkosi Kinana het gesê ʼn soektog is van stapel gestuur om die verdagtes vas te trek. Twee verdagtes het na bewering in ʼn rooi Toyota Tazz sonder ʼn nommerplaat by die hek opgedaag.

ʼn Saak van poging tot roof word deur die polisie ondersoek.

Polisie vra dat enigiemand met inligting oor die voorval of wat kan lei tot die vastrek van die verdagtes, vir ao. Gert Loyd kontak op 082 441 7906 of dit by hul naaste polisiestasie aanmeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Zombie ·

Die wag is in albei hande met ń mes gesteek, maar slegs ń saak van poging tot roof is geopen. Wat van een of ander vorm van ń aanrandingsaak open?

Michael ·

Ek lees hieruit dat die kriminele nie meer vrees vir die wetstoepassers het nie en maak net wat hulle wil en dit verbaas my nie hoekom dit so is nie,ek lees gister die minister van polisie gesê het dat mense tydens “loadsheding “ligte buite hulle huis moet aansit om misdaad te bekamp.Dit is n probleem en wetsgehoorsame mense soos ons en die hekwag ly daaronder.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.