Wag bars met geldwa deur motorhuis na hy geskiet is

Die geldwa het deur die motorhuis gebars (Foto: Yusuf Abramjee, Twitter)

ʼn Veiligheidswag is Donderdag in ʼn geldwa buite ʼn supermark in Welgelegen, Kaapstad, deur ʼn onbekende aantal rowers doodgeskiet. Die rowers het die supermark beroof net toe die veiligheidswagte geld wou gaan haal het.

Brig. Novela Potelwa, woordvoerder van die polisie, sê die wag het in die geldwa voor die supermark gesit en wag terwyl sy kollegas geld in die supermark gaan haal het. Hy is toe deur die rowers in die geldwa geskiet.

Die wag het nadat hy geskiet is met die geldwa deur ʼn motorhuis op ʼn nabygeleë eiendom gebars. Hy is later oorlede.

Intussen is een van die wag se kollegas by die ingang van die supermark ook beseer.

Potelwa sê rowers het die oggend omstreeks 06:45 die supermark beroof. Hulle het ʼn aansienlike bedrag kontant gesteel en in ʼn swart Corsa en wit Volkswagen Golf GTI gevlug. “Die Corsa is in Junie vanjaar in Khayelitsha gesteel.”

Potelwa sê die polisie ondersoek sake van moord, poging tot moord en sakeroof. Die rowers is steeds op vrye voet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Cheryl ·

Verstaan nie hoekom “drones” nie ingespan kan word om misdaad hok te slaan nie.

Stofdonkie ·

‘n Goeie begin is om te verstaan wat ‘n “drone” is. As jy dit verstaan sal jy dalk beter verstaan hoekom dit nie gebruik word nie. ‘n Drone sou niks met die saak gehelp het nie.

Piet ·

Naby waar ek woon. Ek het gewonder hoekom ‘n polisie-helikopter weer sirkels maak vanoggend.

Die Goodwoodianer ·

Ek haal my hoed af vir die mense wat hierdie (geld-vervoer) dienste doen. Vreeslik hoë risiko werk. Ons medelye met die familie van die persoon wat gesterf het.

Pieter J ·

As gevolg van hierdie insidente vermy ek besighede waar hierdie ouens besig is om geld op of af te laai. Hierdie is baie naby waar ek woon so ek sal maar moet lig loop.

Moedeloos ·

Miskien tyd dat besighede verskillende tye hul geld laat bank. Die sekuriteits mense moet ook verskillende tye en roetes begin ry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.