Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, het gesê die eienaar van die landgoed woon ook self op die perseel naby die waghuis by die hek. “Die eienaar het wakker geword van ʼn veiligheidshek by sy huis wat gebreek word. Hy het ook gehoor hoe geweerskote afgevuur word,” het Mohlala gesê.
“Hy het gaan ondersoek instel en die inbrekers het op die vlug geslaan.” Volgens Mohlala het die eienaar ook glo geweerskote afgevuur wat die rede kan wees hoekom die inbrekers gevlug het, maar hierdie feit is nog nie bevestig nie.
“Die eienaar het die 55-jarige veiligheidswag dood in die waghuis gevind. Sy hande en voete was vasgebind en hy is aangerand,” het Mohlala gesê. Niks is op die toneel gesteel nie.
Mohlala het ʼn beroep gedoen op enigiemand met meer inligting om die Waterval-Boven-polisiestasie by 013 257 0001 te bel.
En so gaan hierdie sinnelose moorde maar net aan en aan. Hierdie mense het geen respek vir ‘n lewe nie….
Elke dag is dieselfde nuus, Roof, moord, skietery, Selfde antwoord – Die Polisie is besig om die saak te ondersoek – wanneer gaan dit ophou. Hoekom gaan doen hulle dit nie bietjie by Nklandla nie – glo my daar sal vinnig einde aan alles wees.
Hulle toets die perimeter van sekuriteit op privaat landgoed.
Is dit dieselfde oefening as die staatsgreep oefening by munisipaliteite, universiteite, in elke middestad en woongebiede?