Wag by Mpumalanga-skool vermoor

(Argieffoto: Kent Williamson)

Die liggaam van ʼn veiligheidswag is in ʼn groentetuin by die Skhila Secondary School in Mashinini in die Thaba Chweu-munisipaliteit gevind, nadat rowers oënskynlik Saterdag in die vroeë oggendure daar toegeslaan het.

Mohlala Winias se hande was met draad agter sy rug vasgebind en dit lyk of hy aangerand is. ʼn Mes is ook langs sy liggaam aangetref, het Jasper Zwane, woordvoerder van die departement, gesê.

“Die skool se heining, vensters en die hoofingang na die skoolgebou is beskadig en eiendom soos Samsung- en Acer-rekenaars, selfone en tablette is gesteel. Die skoolhoof moet nog ʼn volledige lys van die gesteelde items en die geraamde waarde daarvan saamstel,” het Zwane gesê.

In ʼn afsonderlike voorval is twee leerders ná skool in Doornkop, in die Steve Tshwete- munisipale gebied, glo deur ʼn bende seuns oorval en met skerp voorwerpe gesteek. Die twee leerders van die Mkhulu Secondary School het by ʼn bushalte gewag om opgelaai te word, toe die groep seuns toegeslaan het.

Volgens die departement is die groep seuns nie van dié skool nie.

“Die twee leerders is ernstig beseer en is in ʼn hospitaal opgeneem,” het Zwane gesê.

Die LUR vir onderwys in die provinsie, Bonakele Majuba, het albei voorvalle ten sterkste veroordeel en enigiemand met inligting daaroor gevra om na vore te kom.

“Ons betuig ook ons opregte medelye met die Winias-familie en wens die beseerde leerders ʼn spoedige herstel toe,” het Majuba gesê.

Niemand is nog in verband met enige van die voorvalle in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Anel ·

En die geagte president en sy meelopers is meer gepla oor ‘n virus as die misdaad en moorde in hierdie land. Het nie meer woorde nie!!!

Persheks Adri ·

Stem Anel en boonop hits hulle haatspraak en moorde aan te danke aan die ANC en EFF! My woorde raak ook klaar genade elke dag moord en roof en dood en verkragting

Lillani ·

Die voorval van die wag wat vermoor is, het by die skool in Skhila, n woonbuurt van Masishing / Lydenburg plassgevind.

Persheks Adri ·

Die duiwel is los in ons land! Genade niemand is veilig nie net mooi nêrens nie! Glo nie dit gaan beter raak nie erger inteendeel.

Sarel ·

” seuns nie van die skool nie” hoe wert hulle, is die seuns gevang? Die twee was heel moontlik gemerk om een of ander rede

Riana ·

Dit is vreeslik om die nuus te lees. Innuge simpatie met due familie

Stefan ·

Watse land leef ons mense?
Kan mens dit nog ‘n land noem, daar moet tog ‘n minimum menselikheid aanwesig wees om dit ‘n land te mag noem?

Cornelius ·

Dis net moord en doodslag waar jy lees. Wat n toekoms vir die land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.