Wag by winkelsentrum doodgeskiet

Een van die verdagtes wat in hegtenis geneem is. Foto: ANA

Een van die verdagtes wat in hegtenis geneem is. Foto: ANA

ʼn Winkelsentrum in Polokwane is Woensdag gesluit nadat gewapende rowers ʼn veiligheidswag daar doodgeskiet het.

Kapt. Ngobeng Phala, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn groep gewapende rowers het ʼn juwelierswinkel binnegegaan en ʼn klant asook die winkel van ʼn onbekende bedrag kontant en juwele beroof. Die rowers het glo hierna gevlug en ʼn veiligheidswag wat in ʼn gang afgekom het doodgeskiet.

Die wag is op die toneel dood verklaar. Phala het gesê die polisie probeer nog vasstel wat die waarde van die juweliersware is wat tydens die rooftog gebuit is.

Volgens ooggetuies het die veiligheidswag pas middagete gekoop toe hy in die gang afgestap het en doodgeskiet is. Phala het gesê twee verdagtes is kort ná die rooftog in hegtenis geneem nadat die polisie kringtelevisiebeeldmateriaal nagegaan het.

Die ander verdagtes het glo in ʼn wit Hilux-bakkie gevlug. Volgens Phala dui voorlopige ondersoek daarop dat die bakkie vervalste nommerplate het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

pop1 ·

Trap sommer die tweede- hands winkels ook vas wat gesteelde goedere koop. As hierdie skelms nie n mark het nie sal hulle nie steel en roof en moor nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.