Wag byt inbreker aan die neus

Argieffoto

ʼn Veiligheidswag by ʼn kerk in Qwaqwa in die Vrystaat het ʼn gedeelte van ʼn vermeende inbreker se neus afgebyt.

AO Mmako Mophiring, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het Saterdag in die vroeë oggendure plaasgevind.

“Die veiligheidswag was aan diens toe hy twee verdagtes betrap het terwyl hulle by die kerk probeer inbreek het. Een het hom getakel en hulle het in ʼn geveg betrokke geraak terwyl die verdagte op die kerk se sleutels aangedring het.”

Volgens Mophiring het die veiligheidswag die verdagte aan die neus gebyt en in die proses ʼn stuk van sy neus afgebyt wat later op die toneel gevind is. Die man het die veiligheidswag se vinger gebyt, maar was in erge pyn en hy en sy makker het van die toneel gevlug.

Die polisie ondersoek ʼn saak van besigheidsroof en enigiemand met inligting word versoek om die Phuthaditjhaba-polisiestasie by 058 718 0895/6/7 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Uilspieel ·

Ds nou van “steek jou neus in waar dit nie hoort nie”????????????????

George in Bloem. ·

Goeie werk.Hierdie wag het nie net blaf nie…..

JC ·

Aww, gesiggies wys nie meer nie… Wel, ek het kliphard gelag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.