Wag doen skietwond op toe geldwa omslaan

Argieffoto: memyselfaneye (Pixabay)

ʼn Veiligheidswag is na ʼn hospitaal gehaas nadat hy ʼn skietwond opgedoen het toe ʼn transitovoertuig Vrydag in Drie Riviere in Vereeniging omgeslaan het.

Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is na die toneel op die R42 ontbied nadat die bestuurder van die transitovoertuig beheer verloor en die voertuig van die pad af gegaan en omgeslaan het. “Daar word beweer ʼn vuurwapen het per ongeluk tydens die ongeluk afgegaan en een van die veiligheidswagte is in sy regterbeen geskiet,” het Dollman gesê.

Hy het gesê die 44-jarige man het ook ander beserings in die ongeluk opgedoen, maar was in ʼn stabiele toestand. Hy is deur Netcare 911 na ʼn hospitaal gehaas. ʼn Tweede veiligheidswag het geringe beserings opgedoen en is deur ʼn ander ambulansdiens na ʼn hospitaal geneem.

ʼn Derde veiligheidswag, wat ook geringe beserings opgedoen het, het nie hospitaalbehandeling nodig gehad nie.

Dollman het gesê die polisie was op die toneel om die voorval te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.