Wag doodgeskiet ná rowers gesin oorval

Argieffoto: https://pixabay.com

Niemand is nog in hegtenis geneem nadat ʼn veiligheidswag tydens ʼn huisroof in Aliwal-Noord in die Oos-Kaap doodgeskiet is nie.

Ao. Moitheri Bojabotseha, woordvoerder van die polisie, het gesê die eienaar van Ngema Pop Inn Cash is Donderdag omstreeks 01:30 oorval toe hy by sy huis in Van der Horststraat aangekom het. Hy het teruggekeer huis toe nadat hy glo sy werknemers na ʼn OTM geneem het om geld te trek.

“Toe hy by die huis [waar sy vrou en kleindogter geslaap het] instap, is hy met ʼn koevoet oor die kop geslaan en het hy sy bewussyn verloor. Volgens ooggetuies het sy kleindogter gesê sy het twee verdagtes met klapmusse aan gesien,” het Bojabotseha gesê.

Die man se vrou is volgens Bojabotseha erg aangerand. Die kleindogter is ook aangerand.

“Die kleindogter kon daarin slaag om ʼn paniekknoppie te druk en die Leinko-veiligheidsmaatskappy is ontbied. Die verdagte was besig om aan te dring dat die vrou die kluis oopsluit,” het Bojabotseha gesê.

ʼn Veiligheidswag van Leiko het omstreeks 01:37 by die toneel opgedaag.

“’n Struweling het buite die huis tussen die verdagtes en die veiligheidswag ontstaan en skote is afgevuur. Die wag is gewond en het in die Aliwal-Noord-hospitaal aan sy beserings beswyk,” het Bojabotseha gesê.

Die verdagtes het met die eienaar se voertuig, waarin daar ʼn onbekende bedrag kontant onder die sitplek was, gevlug.

Geen geld is uit die huis gesteel nie. Enigiemand met inligting oor die voorval kan lt.kol. Mqugulwa by 082 442 2779 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Cherokee ·

As iemand met ‘n koevoet oor sy kop geslaan is en hy verloor net sy bewussyn was dit ‘n sagte houtjie met die koevoet of hy is skrams getref.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.