Wag doodgeskiet toe polisie transitoroof fnuik

(Foto: SAPD)

ʼn Veiligheidswag is doodgeskiet toe die polisie ʼn transitorooftog gefnuik en ʼn skietgeveg tussen die polisie en rowers uitgebreek het.

Volgens brig. Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder, is inligting ontvang oor ʼn beplande transitorooftog in KwaZulu-Natal en ʼn swaar gewapende groep verdagtes daarna in Vrede in die Vrystaat voorgekeer.

“Die polisie het intelligensie opgevolg toe ʼn skietgeveg tussen die polisie en verdagtes ontstaan het. ʼn 40-jarige veiligheidswag is doodgeskiet toe die verdagtes losgebrand het. ʼn Skietgeveg het gevolg en die verdagtes se motor het omgeslaan.”

Daar is vasgestel die motor is vroeër in Wierdabrug, Centurion, gekaap.

“Twee van die verdagtes is op die toneel gewond en in hegtenis geneem. Die polisie het op ʼn AK47 en ʼn R5, asook ammunisie beslag gelê.”

Mathe het gesê nog ʼn groep verdagtes is in Memel sowat 52 km vanaf Vrede voorgekeer. “Drie verdagtes is in hegtenis geneem terwyl ander weggekom het. ʼn Soektog is intussen van stapel gestuur na diegene wat van die toneel gevlug het.” Daar is op twee voertuie beslag gelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Karoo ·

Inige simpatie aan die familie en vriende van die veiligheidswag. Ek wonder net, as so ‘n persoon aan diens sterf is daar finansiele ondersteuning aan sy afhanklikes?

Lesly ·

Die eerdte vraag wat opkom is natuurlik waar die R5 vndasn kom. Ek dink die meeste van ons weet, maar sal goed wees om die presiese basis en eienaar op te spoor

JohanR ·

Jammer die veligheidswag het sy lewe verloor. Dit kan nie ‘n lekker werk wees, en vir soe min geld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.