Wag doodgeskiet tydens mislukte rooftog

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Veiligheidswag is doodgeskiet en twee mense is gewond tydens ʼn mislukte rooftog in Crown Mines, Johannesburg.

Lt. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn groep mans in ʼn groen BMW het Vrydagmiddag ʼn winkel probeer beroof. Hulle het egter met leë hande gevlug ná die skietery.

ER24 het gesê die veiligheidswag is in ʼn plas bloed gevind. Die wag wie se naam nie bekend is nie, was in sy 30’s. Hy is in die kop geskiet en is op die toneel dood.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.