Lt. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn groep mans in ʼn groen BMW het Vrydagmiddag ʼn winkel probeer beroof. Hulle het egter met leë hande gevlug ná die skietery.
ER24 het gesê die veiligheidswag is in ʼn plas bloed gevind. Die wag wie se naam nie bekend is nie, was in sy 30’s. Hy is in die kop geskiet en is op die toneel dood.