Wag doodgeskiet tydens transitoroofpoging

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Die polisie is op soek na tien verdagtes wat Maandag ʼn veiligheidswag doodgeskiet het en nog ʼn wag gewond het tydens ʼn poging tot ʼn transitorooftog in Springs aan die Oos-Rand.

Volgens die polisie het die verdagtes in ʼn Toyota-dubbelkajuitbakkie gery en die transitovoertuig van die pad teen ʼn versperring vasgedruk. Die verdagtes, wat swaar gewapen was, het intussen ook op die voertuig wat agter die transitovoertuig aangery het, losgebrand.

Die bestuurder, ʼn veiligheidswag, is doodgeskiet en sy passasier is gewond. Die passasier, ook ʼn veiligheidswag, sterk in ʼn hospitaal in Springs aan.

Die verdagtes het uit die bakkie uit in twee ander motors, ʼn silwer Mercedes Benz en ʼn Audi, gespring en van die toneel gevlug. Die bakkie, wat op die toneel agtergelaat is, is nie as gesteel aangemeld nie en die polisie probeer nog vasstel wie die eienaar is.

Mense met inligting kan Crime Stop by 08600 10111 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.