Wag in gesig geskiet tydens rooftog

Argieffoto: Nico Strydom

Argieffoto: Nico Strydom

ʼn Veiligheidswag is in die gesig geskiet tydens ʼn gewapende rooftog by ʼn vulstasie op die N3 in KwaZulu-Natal.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê die rooftog het Maandagaand by ʼn vulstasie tussen Cato Ridge en Hammarsdale plaasgevind.

“Met paramedici se aankoms het die veiligheidswag op die grond gelê. Hy het ʼn erge wond aan sy kop opgedoen. Hy was in ʼn kritieke toestand en paramedici het hom op lewensondersteunende masjiene geplaas.”

Volgens Vermaak is die wag, glo in sy 30’s, na ʼn nabygeleë hospitaal geneem nadat hy op die toneel gestabiliseer is. “Niemand anders is tydens die voorval beseer nie.”

Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.