Wag in transitorooftog doodgeskiet

 

Die toneel waar ’n transitorooftog Woensdag op die R40 tussen Hazyview en Witrivier in Mpumalanga plaasgevind het. (Foto: Emer-G-Med)

ʼn Transitorooftog op die R40 tussen Hazyview en Witrivier in Mpumalanga het Woensdag die lewe van ʼn veiligheidswag geëis.

Kyle van Reenen, woordvoerder van Emer-G-Med, sê die nooddiens is omstreeks 11:00 na die toneel ontbied. Die wag is op die toneel dood verklaar terwyl nog twee mense matige beserings opgedoen het. Twee brandende voertuie is ook op die toneel aangetref.

“Inligting van die toneel dui daarop dat ʼn onbekende getal gewapende aanvallers op die transitovoertuig toegeslaan en dit met ʼn ploftoestel opgeblaas het.

“ʼn Skietery het uitgebreek en een van die veiligheidswagte het ʼn noodlottige skietwond opgedoen. Die man is op die toneel dood verklaar. Sy kollegas is gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.”

Maroela Media het ʼn navraag aan die polisie gestuur en wag tans op terugvoer.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Cherokee ·

Dan word vertel van ‘n kleurstof wat banknote onbruikbaar maak wanneer geldkas oopgeforseer. Wat ‘n blufstorie. Maar dit behoort tog ‘n werklike realiteit te wees.. bruikbaar te wees. Behoort gedoen kan word. As ons ‘n halfeeu gelede al maan toe gegaan het, behoort so iets ‘n kleinigheid te wees.

Althes ·

Hoeveel onskuldige mense gaan hul lewens nog verloor? Mense wat kos op hul gesinne se tafel sit? Mense wat elke dag

Kokerboom ·

Mahala geld op ‘n maklike manier!Wil voorkom of GEEN innovasie ter voorkoming op die gebied plaasvind

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.