Wag in voertuig doodgeskiet

Argieffoto

ʼn 33-jarige veiligheidsbeampte is Woensdagaand in Centurion doodgeskiet terwyl hy gewag het vir sy kollega om by hom oor te neem.

Kapt. Augustinah Selepe, polisiewoordvoerder, het Donderdag aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 18:00 in Jakalasistraat langs die Eskom-gebou in Olievenhoutbosch-uitbreiding 26 plaasgevind.

“Die beampte, werksaam vir TRSS-veiligheidsdienste, het in sy voertuig gesit en wag vir sy kollega. Twee onbekende mans het hom met ʼn haelgeweer genader en hom in die voertuig doodgeskiet,” het Selepe gesê.

Die aanvallers het die beampte se vuurwapen, ʼn Norinco 9 mm-pistool met die reeksnommer 48112844, gevat en te voet van die toneel gevlug.

Paramedici van Netcare 911 het die beampte op die toneel dood verklaar.

Volgens Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, is die man verskeie kere geskiet.

Die Olievenhoutbosch-polisie ondersoek ʼn saak van moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.