Wag kritiek ná transitorooftog

Die transitovoertuig waarop verdagtes losgebrand het. (Foto: Netcare 911)

’n Sekerheidswag is in ’n kritieke toestand nadat hy Maandagaand gedurende ’n transitorooftog in die gesig geskiet is.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê in ’n verklaring paramedici is omstreeks 18:58 na die toneel op Modderfonteinweg in Kemptonpark ontbied.

Luidens inligting het verdagtes op ’n transitovoertuig in Van Riebeeck Park losgebrand.

Volgens Herbst is ’n 34-jarige sekerheidswag, wat die transitovoertuig bestuur het, gedurende die voorval in die gesig geskiet. ʼn Onbekende aantal rowers het op hulle losgebrand. Sy passasier kon daarin slaag om die koeëls te ontduik en te vlug.

Nooddienste op die toneel. (Foto: Netcare 911)

Die gewonde man is op die toneel gestabiliseer. ’n Lugambulans is ontbied weens die aard van die pasiënt se beserings en ook omdat die voorval so ver van ʼn gespesialiseerde hospitaal plaasgevind het.

Die nodige owerhede was op die toneel om ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Gawie ·

Ons bly naby aan waar dit gebeur het – dit het soos ‘n klein oorlog geklink en daarna het die polisiehelikopter vir meer as ‘n halfuur oor die gebied gesirkel. Nogal ontstellend!

Leon ·

Dit was nie ‘n gepanserde voertuig? Dit is nou regtig dom. Ek was onder die indruk hulle het gepanserde vortuie. geen wonder die transito rowers kan so lekker maai onder die geldwaens.

Gawie ·

Leon, so ver ek weet was dit ‘n gepantserde voertuig. Die skelms het die wa met plofstof oopgeskiet

TinieBergh ·

ek ruik n rot (I smell a rat). Hoe lank al is transito rowe aan die orde?. Miskien is ek verkeerd, maar dit lyk of hier ander magte aan die speel is, en dit nie in hulle belang is dat tegnologie en mannekrag aangewend word om dit te stop nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.