Wag op seksklagte vrygespreek

hof-hamer

Argieffoto

Johannes Molefe, die veiligheidswag van die AB Xuma Primary School in Soweto wat op talle seksuele aanklagte tereg gestaan het, is Woensdag in die hooggeregshof in Palm Ridge op al die aanklagte teen hom vrygespreek.

Die staat het beweer Molefe het talle leerders by die skool in 2017 seksueel aangerand. Hy het tereggestaan op drie aanklagte van verkragting en 11 van seksuele aanranding.

Regter Peet Johnson het in sy uitspraak gesê daar was talle foute wat gedurende die saak ingesluip het. Volgens Johnson meen hy die onderwysers, ondersoekbeamptes en ander owerhede het mekaar op een of ander manier beïnvloed in hul hantering van die saak.

Maroela Media het vroeër berig Lumka Xoxo, Molefe se regsverteenwoordiger, het tydens haar slotbetoë aan die hof gesê die kinders wat teen haar kliënt getuig het se getuienis was nie geloofwaardig nie en hulle is “voorgeskryf” wat om te sê. Sy het die getuienisse as “dramaties” bestempel en gesê die kinders wat in die hof getuig het, is opdrag gegee om dit te doen.

Molefe het tydens sy getuienis in die hof gesê hy was “geskok en hartseer” om van die beskuldigings teen hom te verneem. Hy het aangevoer die bewerings teen hom is deel van ʼn komplot om van hom ontslae te raak sodat geringer veiligheidsmaatreëls by die skool die geleentheid sal skep om die skoolhoof, Maria Mthimkhulu, leed aan te doen omdat sy na bewering skoolfondse misbruik.

Lees alle vorige berigte oor die AB Xuma Primary School op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Daan Erasmus ·

Daar is ‘n reuse verskil tussen onskuldig bevind werklik onskuldig. Soms word ‘n saak so swak aangebied dat dit moeilik is om tussen die 2 te onderskei.

Judge Dredd ·

En partykeer is dit maar sommer net vals aantuigings.

Petro ·

Koppe moet rol hieroor. Dis verskriklik hoe onbevoegde mense hier lewens verwoes het. Skokkend!!!!

Karolis ·

Lyk dit het eerder gegaan oor ‘n belofte van ‘n geldjie wat valslik aan die klaers belowe was.

Manie ·

Ek glo die saak sou baie beter ondersoek gewees het as die aangeklaagde se vel wit was. Daar word die beste speurders gebruik as die persoon wit is. Veral verkragting en sogenaamde ras voorvalle

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.