Wag skiet sy toesighouer

Die wag is kort ná die voorval in hegtenis geneem. (Foto: Verskaf)

Die polisie het Donderdagoggend ʼn veiligheidswag in hegtenis geneem vir poging tot moord op sy toesighouer in Ellies Industry in Selby, Johannesburg.

Die 46-jarige man het na bewering die 36-jarige toesighouer met sy gelisensieerde vuurwapen een keer in sy arm geskiet. Hy het altesaam drie skote afgevuur.

Hulp is ontbied en die slagoffer is na die naaste hospitaal gehaas. Die verdagte is in hegtenis geneem en daar is beslag gelê op die vuurwapen wat tydens die voorval gebruik is.

Volgens kapt. Xoli Mbele, polisiewoordvoerder, is die motief vir die skietery nog nie bekend nie.

“ʼn Ondersoek is aan die gang en die verdagte sal binnekort in die Johannesburg-landdroshof verskyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Aikie ·

Dit is ‘n ou tameletjie. Die wag het’ n handwapen en hy soek ‘n verskoning om dit te gebruik. Geen benul van optrede en die gevolge daarvan nie. Ek het jare gelede by’ n groot firma gewerk waar daar twee gewapende sekuriteits beamptes by die voordeur gesit het. Die een beveel die ander om vir hom te gaan koffie maak en die ander een weier. Toe skiet hy hom, so maklik soos dit.

Tanniepetoors ·

Wat was sy motivering? Drie skote? Resultaat lyk na swak opleiding of gebrek aan motivering. Albei vereistes vir ordentlike sekuriteitswag. Swak keuring en opleiding.

Di ·

Genade lyk my dis deesdae te maklik om iemand net te skiet. Dis soos die wilde weste in hierdie land

W ·

Wilde Weste?? SA laat die Wilde Weste na ‘n sondagskool piekniek lyk!! Kyk hoeveel berigte oor geweld in vandag se Maroela Media, oa. twee gevalle waar manne hulself bewapen het en suksesvol terug baklei het, dis ons voorland…. bewapen jouself en wees paraat.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.