Wag skiet wag by winkelsentrum

Argieffoto

Die polisie in die Oos-Rand ondersoek ʼn saak van moord nadat ʼn veiligheidswag glo Woensdag ʼn ander veiligheidswag doodgeskiet het.

Sers. Lerato Mngomezulu, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het omstreeks 14:00 by die Tsakane Mall, suid van Brakpan, plaasgevind.

“Veiligheidswagte verbonde aan die winkelsentrum in diens van Bhekanabantu Security het glo ʼn rusie met veiligheidswagte van SBV Services gehad oor ʼn misverstand wat albei groepe geraak het. Die wagte was aan diens tydens die voorval,” het Mngomezulu gesê. Die oorsaak van die misverstand is nie bekend gemaak nie.

Volgens Mngomezulu het ʼn 26-jarige wag van SBV na bewering tydens die rusie ʼn 33-jarige wag van Bhekanabantu geskiet en gewond. “Die slagoffer is deur sy kollegas na ʼn hospitaal geneem waar hy later aan sy beserings beswyk het.”

Die 26-jarige verdagte is op die toneel in hegtenis geneem en moet binnekort in die hof verskyn. Die Tsakane-polisie ondersoek die voorval.

Kol. Johannes Maass, stasiebevelvoerder van die Tsakane-polisie, het die voorval veroordeel. “Ons verwag van veiligheidsmaatskappye om misdaad te help bekamp en vir mekaar uit te kyk, nie andersom nie.” Maass het voorts ʼn beroep op die publiek gedoen om geskille op ʼn vreedsame manier op te los.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Anoniem ·

Die publiek het niks met die insident te doen nie. Die sekuriteitsmaatskappye moet maar oplet vir wie hulle wapens in die hand stop.

Johan. H. ·

Maar jan publiek moet smeek vir n lisensie, Lyk my die lot word sommer ge-isue met n wapen , Duh,

Nettie ·

En dís nou die mense wat Jan Publiek en Jan Alleman moet beskerm teen die misdadigers en die wêreld ‘daar buite’. Laat mens wonder watter opleiding hierdie ‘wagte’ ondergaan het en of hulle wel in staat daartoe is (lees: toegelaat moet word) om hoegenaamd ‘n vuurwapen te hê.

Danie ·

Self ń ou SBV werker gewees,ek dink die wag van SBV het nie net geskiet om dat dit geskiet moes word menige male moes ons self die mall se sekuriteit wagte waarsku om nie te naby te beweeg aan die voertuie wat die geld rond ry of even die publiek ń roofrog gebeur so vinnig jy vertrou niemand nie julle vergeet dis Suid -Afrika is

Andre ·

Waarom moet die Kontant gedurende die dag vervoer word wanneer winkelsentrums besig is en die publiek in gevaar is om in n skietgeveg tussen rowers en veiligheidsbeamptes verwond of gedood te word. Dit is duidelik tydens voorvalle soos die dat daar onbevoegde persone in besit van vuurwapens geplaas word wat die risiko vererger.

DVL ·

@Danie het ook so twee en half jaar saam SBV manne gewerk en mense het altyd kanse gevat. SBV wag sal nie net sommer skiet nie tensy hulle gedreig of bedreig word. Weet van wat die ouens ons vertel het van hulle opleiding hulle was nie paloekas nie. SBV het altyd hoe standaarde gehandhaaf. Die tye wat ons saamgewerk het het publiek en ander sekuriteit geluister as daar vir hulle gese is om pad te gee. @Andre – ongelukkig trek mense geld deur die dag en masjiene moet gelaai word anders kan jy nie gou gou stop om geld te trek nie dan moet jy maar ook wag to vanaand wanneer dit onveiliger is.

PJC ·

Hierdie is baie belangrik vir die publiek want as hulle op mekaar kan skiet kan hulle ook op die publiek skiet. Hierdie mense is nie voldoende opgelei om met vuurwapens toegerus te word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.