Wag sterf ná rooftog by bank

Foto: Nico Strydom

Foto: Nico Strydom

ʼn Volskaalse soektog is in Limpopo van stapel gestuur na drie gewapende mans wat Donderdagoggend twee veiligheidswagte buite ʼn bank in Musina beroof en geskiet het.

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die gewapende roof het omstreeks 09:30 buite die Standardbank plaasgevind. “Twee veiligheidswagte het geld by die bank gaan oplaai toe hulle buite die bank oorval is,” het Otto gesê. “Drie onbekende mans het op hulle geskiet. Een veiligheidswag is noodlottig gewond, en sy kollega is in die been geskiet.”

Die verdagtes het een van die wagte se vuurwapens en ʼn geldboks met ʼn onbekende hoeveelheid kontant gegryp voor hulle in hul wegkomvoertuig van die toneel gevlug het.

“Die verdagtes het in die rigting van Tshipise gevlug, en die polisie het hulle agternagesit. Toe die verdagtes die polisie sien, het hulle op die beamptes losgebrand. Die polisie het teruggeskiet.”

Die verdagtes het hul voertuig verlaat en te voet die veld in gevlug. Die polisie is nog steeds op soek na die verdagtes. “ʼn Polisiehelikopter is ingespan om met die soektog te help,” het Otto bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

anna ·

Nee kyk hulle het geld by hulle en polisie kan hulle nie inhardloop nie. Sjoe wat van skiet in die been. My mening.

Rolien ·

Ek werk vir die firma, ja dit was alles behalwe nalatigheid van ons kan af. Musina( N1) waar Standard Bank gelee is, is ongelooflik besig en

dat jy nie n rower sommer sal uitken nie. Groot soektog is nog aan die gang. Die voertuig wat gebruik is in die rooftog is net buite die dorp gekry.

Dit lyk af daar 2 rowers gewond is. Sterkte aan al ons kollegas en die oorledende se Familie.

Drieks ·

Dankie Rolien, ons kyk soms net na die misdaad en vergeet van almal se hartseer wat daar was en die kollegas wat dit moet beleef en verwerk. Sterkte vir almal. Mag Zuma en die Anc wakker skrik en ons land red…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.