Wag sterf toe hy verdagtes agternasit

Foto: ER24

ʼn Veiligheidswag wat glo verdagtes agternagesit het, is dood nadat hy op die R114 in Fourways, Johannesburg, raakgery is.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het Vrydag omstreeks 21:30 by die toneel opgedaag en die wag aangetref waar hy langs die pad, ʼn klein entjie by ʼn wal af, gelê het. “Die man het geen tekens van lewe getoon nie en hy is op die toneel dood verklaar,” het sy gesê.

“Die wag het vermoedelik oor die pad gehardloop agter beweerde verdagtes aan toe hy deur ʼn taxi raakgery is,” het Van Huyssteen gesê. ʼn Tweede veiligheidswag is ook deur paramedici vir geringe beserings behandel nadat hy glo deur dieselfde verdagtes aangerand is. Hy is per ambulans na ʼn hospitaal geneem.

Van Huyssteen het gesê meer besonderhede rondom die voorval is nie tans bekend nie. Die polisie sal die saak ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Houtoog ·

Inleidende par. moet seker lees ”n Tweede wag . . . .’ en nie ”n Tweede verdagte . . .’

Cherokee ·

Padwet sê taxi’s mag nie sekuriteitswagte en dies meer raak ry nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.