Wag tydens diefstal op plaas aangeval

Argieffoto

Argieffoto

Sewe mans het glo Dinsdag ʼn wag op ʼn plaas in die Modimolle-omgewing in Limpopo oorval en met ʼn hamer aangerand.

Volgens Vossie Vosloo, woordvoerder van die Spoorsnyers, ʼn private veiligheidsmaatskappy, het die aanvallers daarna die wag vasgebind en die perseel gestroop.

“Diesel is uit die opgaartenks gesteel, asook kragopwekkers, bore, slypmasjiene, kabels en ander elektriese gereedskap,” het Vosloo gesê.

Die wag is glo met ʼn kopwond na ʼn nabygeleë hospitaal geneem en is reeds ontslaan.

“Ons het die verdagtes se spore gevolg. Sommiges van hulle het in ʼn motor weggekom. Twee verdagtes is geïdentifiseer.”

Die Nylstroom-polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Francis Linstrom ·

Mag ons Hemelse Vader almal wat so hartseer is na kindertjies en onderwyseres se dood, vertroos en dra. Sal ook graag wil weet of jong ondereyser van Malmedbury al gekry is. Sterkte ook aan sy familie. Ek wonder ook waarom mense vra waar is die o derwyseres se man. Dit het niks met enigiemand anders te doen nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.